Quantcast
Channel: Sunday Times Books LIVE » Afrikaans
Viewing all 493 articles
Browse latest View live

Wenners van Media24-boekpryse vir 2017 bekend

$
0
0

Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2017 is Donderdag, 22 Junie 2017 in Kaapstad bekend gemaak.

Nagenoeg 80 boeke wat in 2016 by uitgewerye in die Media24-stal verskyn het, is ingeskryf in vyf kategorieë met ’n gesamentlike prysgeld van meer as R175 000.

Die oorhandiging van die pryse het saamgeval met ’n groot mylpaal – die viering van 100 jaar van boekuitgewery binne die Naspersstal.

Die wenner van die W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie is Dan Sleigh met sy historiese roman 1795, uitgegee deur Tafelberg. Dit is die derde keer dat Sleigh hierdie belangrike prys ontvang. 1795 is deur die keurders beskryf as ’n “ambisieuse museale roman waarin Sleigh se uitsonderlike kennis van die VOC-geskiedenis indringend verhaal word. Sleigh laat oortuigend sien dat gebeure uit 1795 relevant en aktueel is, veral wanneer dit gaan om verset teen verraad en korrupsie en om opstand teen die verlies van kultuur en taal.”

Die ondersoekende joernalis en etnograaf Sean Christie het die Recht Malan-prys vir niefiksie verower met sy Under Nelson Mandela Boulevard: Life Among the Stowaways oor jong Tanzaniese skeepsverstekelinge wat onder ’n oorwegbrug op die Kaapstadse strandgebied woon. Dit is uitgegee deur Jonathan Ball Publishers. Under Nelson Mandela Boulevard is volgens die keurders ’n buitengewone prestasie en ’n verruimende leeservaring. “Met groot en uitdagende kwashale gee Sean Christie ’n verrassend vars en uitdagende blik op ’n stad wat iedereen gedink het hulle ken.”

Bibi Slippers is met die Elisabeth Eybers-prys vir poësie beloon vir haar debuutbundel Fotostaatmasjien (Tafelberg), wat deur die keurders geloof is vir die omvang en verskeidenheid van die materiaal wat tot samehang gebring word en vir sy “innovering-met-gehalte”.

Die M.E.R.-prys vir jeugromans is toegeken aan Edyth Bulbring vir Snitch, uitgegee deur Tafelberg, en die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke aan Ingrid Mennen en Irene Berg (illustreerder) vir Ink, ook uitgegee deur Tafelberg. Dit is die tweede keer dat Mennen en Berg hierdie prys wen.

Die keurders was: Vir die WA Hofmeyr-prys: Ena Jansen, Danie Marais en Francois Smith; vir die Recht Malan-prys: Jean Meiring, Elsa van Huyssteen en Max du Preez; vir die Elisabeth Eybers-prys: Henning Pieterse, Louise Viljoen en Marius Swart; vir die M.E.R.-prys vir jeugromans: Louise Steyn, Verushka Louw en Wendy Maartens; en vir die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke: Lona Gericke, Paddy Bouma en Magdel Vorster.

Die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie is nie vanjaar toegeken nie en staan oor tot volgende jaar.

Boekbesonderhede

Under Nelson Mandela Boulevard - Life In Cape Town's Stowaway Underground

 
 
 
 
Fotostaatmasjien

 
 
 
 

1795

 
 
 
 
Snitch

 
 
 
 
Ink


Wen ’n kopie van Ink –’n pragtig geïllustreerde boek wat ’n kind se bewusmaking van taal verken

$
0
0

Tinka word bewus van woorde en taal, boeke en lees.

Sy teken haarself af op ‘n vel koerantpapier. Nou het sy ‘n maat en sy noem haar “Ink”.

Met haar lyf vol woorde, is Ink die perfekte maat vir Tinka. Sy neem Ink na haar kamer om haar beste boeke vir haar te wys, want “‘n boek is soos ‘n maat, met die beste stories om te vertel”.

‘n Meesleurende en diepsinnige prenteboek vir lesers 4+ wat ook volwasse lesers se verbeelding sal aangryp.

Indien jy ‘n kopie van hierdie besonderse boek wil wen, besoek ons Facebook-blad en skryf in deur kommentaar te lewer op die kompetisie-berig.

Ingrid Mennen is ‘n skrywer van prenteboeke vir kinders, waarvan sommige in verskeie tale gepubliseer is. Sy studeer Afrikaanse en Engelse Letterkunde, Kunsgeskiedenis en Museumkunde (UP, US en UK). Ingrid woon in Nuweland, Kaapstad, saam met haar man. Hulle het drie volwasse kinders. Ben en die walvisse en Ink is saam met haar oudste dogter, illustreerder Irene Berg, geskep. Ben en die walvisse is bekroon met die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboek 2013 en die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur 2015.

Irene Berg is ‘n vryskut-illustreerder en musiekonderwyser, oorspronklik van Kaapstad, en woon en werk tans in Mannheim, Duitsland. Na musiekstudies aan die Universiteit van Stellenbosch en die Hochschule für Musik und Darstellende Kuns in Frankfurt am Main, voltooi sy ‘n kursus in grafiese ontwerp. Haar eerste twee prenteboeke, Ben en die walvisse (2012) en Ink (2016), is geskep in samewerking met haar ma, skrywer Ingrid Mennen.

Boekbesonderhede

Lees ons redakteur se Taalgenoot-artikel oor die toekoms van wetenskapsfiksie in die Afrikaanse skryfkuns

$
0
0

Die Herfs-uitgawe van die kwartaallikse tydskrif Taalgenoot is onlangs met die vergunning van PEN Afrikaans op LitNet se webblad gedeel.

Die oorhoofse tema vir dié uitgawe was futurisme/ ‘n toekomsblik en bevat artikels wat wissel van onderwerpe oor post-waarheid en vals nuus tot tegnologie in klaskamers tot die daling in e-boek aankope.

BooksLive se redakteur, Mila de Villiers, se bydra oor die toekoms van wetenskapsfiksie in die Afrikaanse skryfkuns en die gewildheid van hierdie genre, met ‘n klem op speculative fiction kan hier gelees word:

Om die toekoms oop te skryf

Wetenskapsfiksie. Die woord roep beelde op van ruimteskepe, lasers, seinborde en vuurpyle. En name soos Isaac Asimov, Robert A. Heinlein en Frank Herbert. Stories van bo-aardse antagoniste; ‘n onvoorspelbare toekomsblik – óf distopies óf utopies, afhangende van die mens se vermoë om dit wat die toekoms bied, te omarm.

Tog is wetenskapsfiksie nie tot een veld beperk nie, sê Tertius Kapp, dramaturg en uitgewer by Tafelberg. Wetenkapsfiksie word al hoe meer gesog onder Afrikaanse uitgewers en Tertius skryf dit aan groeiende belangstellings onder jonger lesers toe.

Volgens Simone Hough, ‘n redakteur by Human & Rousseau, is ‘n groter belangstelling in fantasie- en wetenskapsfiksietitels vir jong volwassenes die laaste paar jaar “beslis ‘n merkbare tendens internasionaal en ook in die plaaslike mark”.

Skrywers soos Beth Revis, Marissa Meyer, Veronica Roth, Lois Lowry, Suzanne Collins en Rick Yancey maak die genre baie gewild, en aangesien van hierdie boeke ook in flieks verwerk word, het dit ‘n groot aanhang.

“Hoewel daar min Afrikaanse skrywers was wat fantasie- en wetenskapsfiksie vir jonger lesers in die verlede geskryf het, is daar wel meer voorleggings vir hierdie soort verhale,” sê Simone.

“Dit is vir ons wonderlik om plaaslik ook wêreldklas-jeugfiksie in hierdie genre te kan publiseer, in Afrikaans én Engels, met skrywers soos Nelia Engelbrecht (Die poort-reeks, Tafelberg), Elizabeth Wasserman (Anna Atoom-reeks), Edyth Bulbring (The Mark), Helen Brain (Elevation-reeks) en dies meer.”

Veral Engelbrecht se Die poort-vierluik, waarvan die eerste twee aflewerings, Bewakers en Reisigers, net ‘n paar maande uit mekaar gepubliseer is (onderskeidelik in Julie en Oktober 2016), dui op die gewildheid van wetenskapsfiksie onder ‘n jonger Afrikaanse gehoor.

Michelle Cooper, ‘n uitgewer en redakteur by Tafelberg, meen Afrikaanse lesers wil uit dieselfde verskeidenheid genres as Engelse lesers kan kies. Brain se Elevation-trilogie, wat in ‘n futuristiese, distopiese Kaapstad afspeel, word deur Engelse tieners opgeraap.

“Goeie wetenskapsfiksiemanuskripte wat oor my lessenaar kom, sal beslis my aandag trek, aangesien daar nie baie daarvan in Afrikaans is nie,” sê Michelle.

Volgens Tertius bied wetenskapsfiksie moontlikhede om van ‘n leefwêreld sin te maak wat al hoe meer deur tegnologie gevorm en bepaal word. Jonger lesers kan aanklank vind daarby, aangesien sci-fi “die verbeelding baie vrye teuels gee; dit is minder ingebed in die idee van ‘n nasionale letterkunde, met die negatiewe assosiasies wat daarmee saamkom, en nog baie ander”.

Klik hier om verder te lees.

Nielsen Booksellers Choice Award shortlist announced

$
0
0

The Nielsen Booksellers Choice Award is bestowed upon a local author for a South African published book that booksellers most enjoyed selling or that sold so well that it made a difference to the bottom line of booksellers across the country.

The books are voted for by members of the South African Booksellers Association all of whom are booksellers. It is the Booksellers Choice award, thus the booksellers vote for the book they most enjoyed selling during the year.

The shortlist this year includes previous winner, Deon Meyer, who makes it with his book Koors, a son’s story of his father’s murder. The much-loved comedian Trevor Noah joins him with Born a crime and other stories. Other shortlisted authors include Elsabé Brits who traces the fascinating life of Emily Hobhouse, from her tireless campaigning for women’s rights to her outspoken opposition to injustice, in Emily Hobhouse: Geliefde verraaier. My own liberator by former Deputy Chief Justice Dikgang Moseneke plays homage to the many people and places that have helped define and shape him. Meanwhile JAN: A breath of French Air by Jan Hendrick van der Westhuizen is a memoir and celebration of the renowned eatery JAN, a South African restaurant in the South of France. Kook saam Kaaps by Koelsoem Kamalie and Flori Schrikker continues the culinary theme with an easy-going home cookbook with ‘food from the heart’ recipes.

Last year’s winner was Recipes for Love and Murder by Sally Andrew. On accepting the award Sally commented: “I am so honoured to win the Nielsen Booksellers’ Choice Award 2016; booksellers are heroes – up there with librarians in my estimation. Reading can entertain, challenge and educate. It takes us to places and ideas we don’t normally visit. It can even open our hearts and uplift our souls. Thank you, booksellers for this gift you give to us all”.

Stephen Long, Global Managing Director, Book Discovery and Commerce at Nielsen said, “With the help of members of the South African Booksellers Association, the number of submissions for this year’s event has been incredible. We wish all this year’s shortlisted authors the very best of luck.

The short-listed books for 2016 are:

· Born a crime and other stories by Trevor Noah (Published by Pan Macmillan)
· Emily Hobhouse: Geliefde verraaier by Elsabe Brits (Published by Tafelberg)
· JAN A breath of French Air by Jan Hendrik van der Westhuizen (Published by Struik)
· Kook saam Kaaps by Koelsoem Kamalie and Flori Schrikker (Published by Lapa Uitgewers)
· Koors by Deon Meyer (Published by Human & Rousseau)
· My own liberator by Dikgang Moseneke (Published by Picador Africa)

The winning author will be announced on the 22nd of August at the Sefika Awards Dinner in Durban and will receive a cheque from Nielsen for R 20 000.

Koors

Book details

 
 
Born A Crime

 
 
 

Emily Hobhouse

 
 
 

My Own Liberator

 
 

JAN - A Breath of French Air

 
 

Kook Saam Kaaps

kykNET-Rapport Boekpryse: Kortlyste is hier!

$
0
0

Ná maande van intense leesplesier deur die keurders is die kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapportpryse sowel as die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe skryfwerk pas bekend gemaak. Dié pryse word toegeken vir Afrikaanse boeke wat in 2016 verskyn het.

Soos verlede jaar bevat die kortlyste vir die kykNET-Rapportpryse vir fiksie die name van gevestigde skrywers sowel as van debuutskrywer Valda Jansen met haar besondere elegie aan verlore liefde, Hy kom met die skoenlappers. Laasgenoemde is ook benoem vir die Jan Rabie-Rapportprys. ’n Handvol ander sterk vrouestemme het eweneens hul kleim afgesteek met buitengewoon ryk verhale. Celesté Fritz (Verlorenkop), Ilse van Staden (Goeie dood wat saggies byt), Anneli Groenewald (Die skaalmodel) en Hester Kruger (Een nag en ’n bietjie) verdien spesiale vermelding. Krimi-skrywer Karin Brynard bevind haarself met Tuisland, ’n misdaadverhaal wat die lot van die Kalahari-San belig, ook op die kortlys van twee pryse, fiksie sowel as film.

Die verkenning van die verlede – en verre verlede – gee steeds perspektief vir die huidige generasie, soms deur die oë van ’n historiese figuur, soms deur dié van ’n gelouterde expat. Daar word veral gewoeker met die Afrikaanse Suid-Afrikaner se plek in ’n groter wêreld. Opvallend is die groeiende besef van ’n huidige geslag se verantwoordelikheid teenoor toekomstige generasies sowel as die omgewing.

By niefiksie in Afrikaans domineer temas uit en oor die geskiedenis steeds. Hoewel dit haas ongelooflik is dat die Anglo-Boereoorlog steeds, ná soveel boeke reeds daaroor verskyn het, die primêre historiese verwysingspunt bly van waar skrywers in Afrikaans hulle Afrikaneridentiteit en -geskiedenis beskou, is daar tog boeke wat iets nuuts en werklik besonders daaroor gelewer het. Daar is egter ook welkome bydraes oor die filmgeskiedenis, kosgeskiedenis, persgeskiedenis, kunsgeskiedenis. Ook die lewe van ’n gesoute geskiedskrywer word verhaal.

Die keurders van die filmprys het ’n ryk keuse gehad met die sterk temas en sprankelende dialoog wat die inskrywings opgelewer het.

Die kykNET-Rapport-kortlyste vir 2017 (alfabeties) is soos volg:

Niefiksie
Broedertwis, Albert Blake (Tafelberg)
 
 
 
 
 
 
 
Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, Elsabé Brits (Tafelberg)
 
 
 
 
 
 
 
Hermann Giliomee: Historikus – ’n outobiografie, Hermann Giliomee (Tafelberg)
 
 
 
 
 
 
 
Daar doer in die fliek, Leon van Nierop (Protea Boekhuis)
 
 
 
 
 
 
 
Die groot drie, Francois Verster (Penguin)
 
 
 
 
 
 
 
 
Fiksie

Tuisland, Karin Brynard (Penguin)
 
 
 
 
 
 
 
Huilboek, Ryk Hattingh (Human & Rousseau)
 
 
 
 
 
 
 
Hy kom met die skoenlappers, Valda Jansen (Human & Rousseau)
 
 
 
 
 
 
 
Op ’n dag, ’n hond, John Miles (Human & Rousseau)
 
 
 
 
 
 
 
1795, Dan Sleigh (Tafelberg)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Film 2017
Tuisland, Karin Brynard (Penguin)
 
 
 
 
 
 
 
Dorado, Tom Dreyer (Penguin)
 
 
 
 
 
 
 
Koors, Deon Meyer (Human & Rousseau)
 
 
 
 
 
 
 
Al wat ek weet, Marita van der Vyver (Lapa)
 
 
 
 
 
 
 
Pirana, Rudie van Rensburg (Queillerie)
 
 
 
 
 
 
 
Die keurders vir vanjaar se fiksietoekenning was die joernalis en koördineerder van die US Woordfees se boekeprogram Elmari Rautenbach, die ouduitgewer Frederik de Jager, prof. Steward van Wyk (UWK) en die rolprentvervaardiger Gerrit Schoonhoven. By niefiksie het dr. Irma du Plessis (UP), Darryl David (UKZN), prof. Herman Wasserman (UK) en filmvervaardiger Hermann Binge die stiplees gedoen.

Wenners in beide die fiksie- en niefiksiekategorie ontvang elk R200 000, en die wenner van die filmprys R100 000.

JAN RABIE-RAPPORTPRYS
Die wenner van die Jan Rabie-Rapportprys vir Afrikaanse debuutromans ontvang R35 000. Ook hier het vroueskrywers hulself laat geld – agt uit die tien titels wat vanjaar ingeskryf is, kom uit ’n vrouepen. Die kortlys (in alfabetiese volgorde) is soos volg:
 
Verlorenkop, Celesté Fritze (Queillerie)
 
 
 
 
 
 
 
Die skaalmodel, Anneli Groenewald (Tafelberg)
 
 
 
 
 
 
 
Hy kom met die skoenlappers, Valda Jansen (Human & Rousseau)
 
 
 
 
 
 
 
Die keurders vir die Jan Rabie-Rapportprys was die digter en skrywer Danie Marais; die boekjoernalis Elna van der Merwe en die ouduitgewer en skrywer Kerneels Breytenbach.

Die wenners van beide pryse, sowel as dié van die kykNET-Rapport-resensiepryse, word op 30 September 2017 by ’n prysfunksie in Kaapstad aangekondig. Die kortlyste vir die resensiepryse word later in Augustus bekend gemaak.

ATKV-Woordveertjies 2017 se finaliste bekendgemaak

$
0
0

Die name van die finaliste vir die 2017 ATKV-Woordveertjies is onlangs bekendgemaak. Dié prys vier tans sy tiende jaargang en die wenners sal op 8 September by Anura Landgoed buite Stellenbosch bekendgemaak word.

ATKV-Prosaprys

Tuisland – Karin Brynard (Penquin Random House SA)
Verlorenkop – Celesté Fritze (Queillerie)
1795 – Dan Sleigh (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers)
Offerande – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Anderkant vergeet – Santie van der Merwe (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

Hammie – Ronelda S. Kamfer (Kwela Boeke)
Fotostaatmasjien – Bibi Slippers (Tafelberg)
Die aarde is ’n eierblou ark – Susan Smith (Protea Boekhuis)

Prys vir Romanses

Moeilikheid met ’n meermin – Sophia Kapp (Romanza)
Troue in ’n towerbos – Rosita Oberholster (Romanza)
Liefde deur ’n lens – Elsa Winckler (Satyn)

Prys vir Spanningslektuur

Tuisland – Karin Brynard (Penquin Random House SA)
Die dood van ’n goeie vrou – Chris Karsten (Human & Rousseau)
Koors – Deon Meyer (Human & Rousseau)

Prys vir Dramateks

My seuns – Christo Davids
DEURnis – Jannes Erasmus, Henque Heymans & Johann Smith
Wild – Philip Rademeyer

Prys vir Niefiksie

Broedertwis – Albert Blake (Tafelberg)
Emily Hobhouse: Geliefde verraaier – Elsabé Brits (Tafelberg)
Historikus Herman Giliomee – Herman Giliomee (Tafelberg)

Kortlyste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-toekennings 2017 bekendgemaak

$
0
0

Die Afrikaanse resensiebedryf kan homself op die skouer klop te oordeel na die gehalte van inskrywings wat vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-wedstryd ontvang is.

Die kortlyste is pas bekend gemaak vir dié pryse, wat ingestel is om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Altesaam 33 van die voorste resensente in Afrikaans het vanjaar ingeskryf, tien meer as verlede jaar. Twee pryse van R25 000 elk word toegeken vir die beste Afrikaanse resensie wat in 2016 oor Afrikaansie fiksie en niefiksie onderskeidelik verskyn het. Die kortlyste, wat uit 90 inskrywings saamgestel is, is soos volg:

Fiksie

Danie Marais: “Die ‘Kook en Geniet’ van oneerbiedigheid” (oor Anton Kannemeyer en Conrad Botes se Bitterkomix 17, Media24-dagblaaie, 4 Julie 2016)
Charl-Pierre Naudé: “Digterlike afdruk van ‘n lewe verbeeld” (oor Bibi Slippers se Fotostaatmasjien, Media 24-dagblaaie, 5 Desember 2016)
Elmari Rautenbach: “Debuut se stiltes ’n elegie aan verlore liefde” (oor Valda Jansen se Hy kom met die skoenlappers, Media 24-dagblaaie, 18 Julie 2016)

Niefiksie

Reinhardt Fourie: Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker (geredigeer deur Francis Galloway, Tydskrif vir letterkunde, September/Oktober 2016)
Daniel Hugo: “Een van die heel grotes” (oor Om Hennie Aucamp te onthou, saamgestel deur Danie Botha, Rapport, 14 Februarie 2016)
Emile Joubert: “Die afkook van ’n vol lewe vind hier beslag” (oor Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach, Media24-dagblaaie, 31 Oktober 2016)

Die keurders was boekjoernalis en digter Bibi Slippers (sameroeper), senior joernalis en skrywer Jomarié Botha en digter en dosent Alfred Schaffer. Aangesien ’n werk van Slippers geresenseer is, is sy vir die finale keuring deur die redakteur van Huisgenoot, Yvonne Beyers, vervang.

Die keurders was dit eens dat die inskrywings deur die bank van ’n baie hoë gehalte was en werklik leeslus aanwakker.

“Daar was heelparty gevalle waar ek nie noodwendig onder normale omstandighede in ’n sekere boek sou belangstel nie, maar die resensent se entoesiasme en insigte het my genoeg geprikkel om dit ’n kans te wil gee,” sê Slippers.

“Dit was ook veral heerlik om verskillende resensies van belangrike boeke soos Die na-dood, Vlakwater en Koors te lees, en uiteenlopende interpretasies en leesbenaderings te kan ervaar via die resensente.”

Daar was vanjaar heelwat nuwe name onder die resensente wat ingeskryf het. “Ek hoop dat ons deur inisiatiewe soos dié die poel selfs verder kan vergroot. Hoe meer ingeligte, intelligente menings uit verskillende perspektiewe verteenwoordig is, hoe beter vir alle rolspelers in die boekbedryf,” sê Slippers.

Die wenners word op 30 September 2017 saam met die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse in Kaapstad aangekondig.
 

Bitterkomix 17Boekbesonderhede

 
 

Fotostaatmasjien

 
 

Hy kom met die skoenlappers

 
 

Vlam in die sneeu

 
 

Om Hennie Aucamp te onthou

 
 

Wat die hart van vol is

Die Woordenaars dig & drink weer saam volgende Sa’erdag

$
0
0

Met ’n slagspreuk wat “robbish het ook ’n stem” heet, lede wat uit Johan Jack Smith, Kabous Verwoerd, Neil van Deventer, Gérard Rudolf en Paul Riekert bestaan, en ’n wedersydse voorliefde vir Bacchus en poësie ’n gegewe is, is die Woordenaars ’n span om mee gereken te word.

Saterdag 26 Augustus gaan dié gedugte woordsmouse om agt namiddag by Shadowboxer byeenkom vir hulle volgende sessie van digkuns voordra en diep (genoeg) in die bottel tuur.

Luidens die Vleisbroek-event kan jy vlamme en f-bomme, liefde en verlange, en vrees en hoop verwag – en dit alles onder een dak.

Ja-nee, kyk. Stiek uit, want die poppe gaan dans.


Wenners van kykNet-Rapport-boekpryse 2017 bekend

$
0
0

Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Saterdag 30 September 2017 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuutroman in Afrikaans asook die twee kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is by dieselfde geleentheid oorhandig.

Hulde is gebring aan ontslape skrywers soos Karel Schoeman en PG du Plessis, maar die aand het behoort aan die huidige geslag skrywers, wat sulke geleenthede moontlik en gedenkwaardig maak. Hettie Scholtz, sameroeper van die drie hoofboekpryse, het die skrywers geloof vir boeke wat diep sny, diep delf, en ’n aar raak boor. “Dit het by my ’n insig van Chesterton opgeroep, sy geloof dat daar één ding is wat ’n helderheid aan dinge verleen: die vermoede van iets nét om die draai. Ek kan werklik nie wag om te sien waarmee hierdie skrywers volgende vorendag gaan kom nie! Hierby sluit ek die inskrywings vir die Jan Rabie-Rapportprys in.”

Die kykNET-Rapport-boekpryse met ’n gesamentlike prysgeld van R500 000 is toegeken aan die volgende skrywers:
- Fiksie: Huilboek, Ryk Hattingh (Human & Rousseau)
- Niefiksie: Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier, Elsabé Brits (Tafelberg)
- Film: Al wat ek weet, Marita van der Vyver, (Lapa)

Die keurders het die fiksiewenner, Ryk Hattingh, geloof “vir sy sagkense behandeling van groot dinge, die subtiliteit van segging, die beskeie toon en algehele gebrek aan selfkoestering. Die manier waarop hy persoonlike pyn uiteindelik, sonder politieke grandstandery, vestig in die konteks van ’n hele land se trauma, is uitsonderlik en maak van Huilboek ’n prestasie in hoe groot kragte in beweging gestel kan word deur ’n minimum aan woorde en vertoon.”

Waardering is ook uitgespreek vir die niefiksiewenner, Elsabé Brits, se herbesoek aan ou bronne oor Emily Hobhouse “wat ons in staat stel om opnuut in hierdie merkwaardige vrou die eienskappe te sien wat aan die kern lê van ons universele menslikheid – die vermoë om te empatiseer met die onderdruktes, op te staan vir reg en geregtigheid selfs teen ’n hoë persoonlike en politieke prys, om nood en lyding te verlig ongeag waar dit voorkom. Sy skets Hobhouse as die vergestalting van verset soos dit in die woorde van die Nederlandse digter Remco Campert gedefinieer word: Om aan jouself ’n vraag te vra, daarmee begin verset – en om dit dan aan ’n ander te vra. Dit noop ons om in die Suid-Afrika van vandag weer hierdie kritiese vrae te vra oor menswaardigheid, gelykheid, en weerstand.”

Marita van der Vyver se jeugboek Al wat ek weet het van die prysaand ’n behoorlike rap-aand gemaak. Sy is geloof vir die ligte, vaardige hand waarmee sy die sensitiewe verhaal van ’n seun van gemengde afkoms stuur tot waar hy sy plek in die groter bestel van die lewe vind. En dit deur die skryf van rap songs waarmee hy sy verliese en woede transendeer en sy eie stem vind. “Dis ’n verhaal wat getuig van besondere vakmanskap, een wat smeek om verfilm te word,” sê keurder Herman Binge. “Dink – nét vir ’n oomblik – aan die nuwe Afrikaanse treffers wat hierdie film gaan oplewer, die eerste volwaardige hip-hop-fliek in Afrikaans!”

Die Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R35 000 is vanjaar toegeken aan Valda Jansen vir Hy kom met die skoenlappers (Human & Rousseau). Volgens die keurders is Jansen se debuutroman in vele opsigte meer as “’n elegie aan verlore liefde”, soos dit op die omslag bestempel word. Dit word “’n pynlik intieme en deurtastende verkenning van al die maniere waarop ’n hele lewe soos een byna noodwendig verspeelde kans kan voorkom . . . Jansen kleur nie dit wat persoonlik is ooit met groot politieke stellings nie, maar wys hoe onontwarbaar die persoonlike en die politieke in Suid-Afrika verstrengel is. Haar debuut gee ’n aangrypende en ontstemmende blik op ’n bevreemdende, bruin middelklas-ervaring van apartheid; ’n genuanseerde perspektief op ’n benarde posisie wat nog bitter min in Afrikaanse fiksie belig is.”

Die kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar, vir die beste Afrikaanse resensies wat in 2016 oor ’n Afrikaanse fiksie- of niefiksiewerk onderskeidelik verskyn het, is ook oorhandig. Die wenners, wat elk R25 000 ontvang het, is:
- Fiksie: Danie Marais vir “Die ‘Kook en Geniet’ van oneerbiedigheid” (oor Anton Kannemeyer en Conrad Botes se Bitterkomix 17, Media24-dagblaaie, 4 Julie 2016), en
- Niefiksie: Emile Joubert vir “Die afkook van ’n vol lewe vind hier beslag” (oor Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach, Media24-dagblaaie, 31 Oktober 2016).

Die keurpanele vir die onderskeie pryse was: kykNET-Rapport-fiksieprys: Frederik de Jager, Elmari Rautenbach, Steward van Wyk en Gerrit Schoonhoven; kykNET-Rapport-niefiksieprys: Herman Wasserman, Irma du Plessis, Darryl David en Herman Binge; kykNET-Rapport-filmprys: Herman Binge en Gerrit Schoonhoven; kykNET-Rapport-boekresensentpryse: Bibi Slippers, Alfred Schaffer, Jomarié Botha en Yvonne Beyers; Jan Rabie-Rapportprys: Elna van der Merwe, Danie Marais en Kerneels Breytenbach.

Die seremoniemeesters vir die aand was Karen Meiring van kykNet en Waldimar Pelser van Rapport. Die prysfunksie is by die Dapper Coffee Company restaurant in Kaapstad gehou.

Boekbesonderhede

Huilboek

 
 
 
 
Emily Hobhouse

 
 
 
 
Al wat ek weet

 
 
 
 
Hy kom met die skoenlappers

 
 
 
 
Bitterkomix 17

 
 
 
 
Wat die hart van vol is

Shortlist for 2017 South African Literary Awards announced

$
0
0

2017 marks the highest milestone of South African Literary Awards (SALA), as the shortlist includes, for the first time, the !Xam and !Kun languages.

Listed under the Posthumous Literary Awards, five legendary contributors are drawn from Wilhelm Bleek and Lucy Lloyd collection of !Xam and !Kun narratives, verses, songs, chants, drawings and other materials consisting of over 150 notebooks running in some 13 000 pages which is considered a unique cultural and literary collection which has been recognised by United Nations Education, Science and Cultural Council (UNESCO) and entered into the memory of the World Register.

The materials deal with the land, the rain, the history of the first people, the origin of the moon and stars, animals, cosmology, beliefs, ceremonies, art and information of the
individual lives of the informants who had come to Cape Town as prisoners of the British Crown and were released into Bleek’s custody at his residence in Mowbray for linguistic and cultural research.

Also interesting is the shortlist list under the Translators Literary award consisting of William Wellington Gqoba: Isizwe Esinembali, Xhosa Histories And Poetry (1873 – 1888), DLP.Yali-Manisi: Iimbali Zamanyange, Historical Poems and The Thirstland Trek: 1874 – 1881. While the Creative Non- Fiction Award has The Keeper Of The Kumm: Ancestral Longing And Belonging Of A Boesmankind, by Sylvia Vollenhoven, My Own Liberator by Judge Dikgang Moseneke and Emily Hobhouse – Geliefde Verraaier by Elsabé Brits.

The shortlist goes on to list under the Lifetime Achievement Literary Award, South Africa’s legendary Credo Vusamazulu Mutwa, who is largely respected for his predictions of world events, including the destruction of New York’s World Trade Centre in 2001, the 1976 June 16 Uprising, HIV, Chris Hani’s assassination, load shedding and the ousting of President Thabo Mbeki. Mutwa shares the category with other literary stalwarts, Aletta Matshedisð Motimele, who is revered for her Sepedi works and Etienne van Heerden, an academic and prolific Afrikaans author.

“Indeed, as its main aim, SALA continues to strive to become the most prestigious and respected literary accolades in South African literature,” says Ms Sindiswa Seakhoa, director at wRite associates, founders of SALA, in partnership with the department of Arts and Culture in 2005.

Since its inception in 2005, to date, SALA has honoured 160 authors in 11 categories in all official South African languages. SALA also boasts legacy programmes including:
- The National Poet Laureate Programme and the Keorapetse Kgositsile Lecture, in honour of the Poet Laureate, Prof Keorapetse Kgositsile.
- The Miriam Tlali Reading and Book Club, in honour of the late Miriam Tlali.
- Band of Troubadours, a publication comprising the work of the SALA recipients
- Africa Century International African Writers Conference and International African
Writers Day Lecture, established in 2012.

The conference is set to become a Mecca of who is who of the African literati, the Diaspora and the entire globe where the celebration of African letters occupies centre stage.

This historical gathering of literary intellectuals and authors from across the world, is, as the then-OAU’s Conference of African Ministers of Education and Culture (meeting in Coutonou, Benin, in 1991) resolved, “… to afford the African people a moment of pause within which to reflect on the contribution of African Writers to the development of the Continent”.

Both the 2017 South African Literary Awards ceremony and Conference will take place on the 7th November at Kgorong Building, UNISA. This is partnership by the wRite associates, the department of Arts and Culture and the Department of Afrikaans and Theory of Literature, UNISA.

The theme for the conference is “The Writer as a Drum Major of Conscience, Restoration & Transformation”, with the sub-theme being “The Establishment of the South African Writers Organization”.

Prof Zodwa Motsa, a Fulbright Scholar, a Researcher, Writer and Social Engineer, who has served as Head of the Department: English Studies (UNISA) from 2006 -2011 and currently serving as the Country Director at UNISA’s Ethiopia Centre for Graduate Studies in Addis Ababa, since 2012, will deliver the sixth International African Writers Day Lecture and Prof Nhlanhla Maake, an academician, novelist, dramatist, literary critic, and language activist will deliver the response. Prof Andries Oliphant, author, poet, literary scholar and cultural policy advisor, will lead the seminar on the establishment of South Africa’s writers’ organization.

Category: First-time Published Author Award

Amy Jephta, Kristalvlakte
Moses Shimo Seletisha, Tšhutšhumakgala
Mohale Mashigo, The Yearning

Category: k.Sello Duiker Memorial Literary Award

Kopano Matlwa, Period Pain
Nthikeng Mohlele, Pleasure

Category: Poetry Award

Helen Moffett, Prunings
Ronelda S Kamfer, Hammie
Simphiwe Ali Nolutshungu, Iingcango Zentliziyo

Category: Creative Non- Fiction Award

Dikgang Moseneke, My Own Liberator
Elsabé Brits, Emily Hobhouse – Geliefde Verraaier
Sylvia Vollenhoven, The Keeper Of The Kumm

Category: Literary Journalism Award

Don Makatile: His oeuvre
Phakama Mbonambi: His oeuvre

Category: Literary Translators Award

Bridget Theron-Bushell The Thirstland Trek: 1874 – 1881 (Afrikaans to English)
Jeff Opland, Wandile Kuse and Pamela Maseko William Wellington Gqoba: Isizwe Esinembali Xhosa Histories And Poetry (1873 – 1888) (isiXhosa to English)
Jeff Opland and Pamela Maseko DLP.Yali-Manisi: Iimbali Zamanyange, Historical Poems (isiXhosa to English)

Nadine Gordimer Short Story Award

Nick Mulgrew, Stations
Roela Hattingh, Kamee

Category: Posthumous Literary Award

|A!kunta: Body of work (!Xam and !Kun)
!Kabbo: Body of work (!Xam and !Kun)
≠Kasin: Body of work (!Xam and !Kun)
Dia!kwain: Body of work (!Xam and !Kun)
|Han≠kass’o: Body of work (!Xam and !Kun)

Category: Lifetime Achievement Literary Award

Vusamazulu Credo Mutwa: Body of work
Aletta Matshedisð Motimele: Body of work
Etienne Van Heerden: Body of work

Category: Chairperson’s Award

The recipient will be announced at the award ceremony

Book details

Kristalvlakte

 
 
 
 

The Yearning

 
 
 
 

Period Pain

 
 
 
 

Pleasure

 
 
 
 

 
 
 
 

Hammie

 
 
 
 

My Own Liberator

 
 
 
 

Emily Hobhouse

 
 
 
 

Keeper of the Kumm

 
 
 
 

The Thirstland Trek

 
 
 
 

William Wellington Gqoba: Isizwe esinembali

 
 
 
 

DLP Yali-Manisi: Iimbali Zamanyange

 
 

Stations

 
 
 
 

Kamee

Prince Albert Leesfees: 3 – 5 November

$
0
0

Book lovers it’s almost time to head for Prince Albert in the Karoo.

The town’s sixth Leesfees takes place over the first weekend of November, with a list of writers, books and performers in a programme that offers something for everyone.

The theme this year is ‘The Soul of the Karoo ~ In die Gees van die Karoo’, with writers, poets, artists, musicians, a comedian and films in the lineup. The talks, presentations and stage experiences include discussions with crime and suspense writers, Rudie van Rensburg (Kamikaze) and Mike Nicol (Agents of the State), debut writers Mohale Mashigo (The Yearning) and Sara-Jayne King (Killing Karoline), as well as academic and novelist, Cas Wepener (Johanna).

Matters legal and political are the subject of Glynnis Breytenbach’s memoir, Rule of Law; she will be in conversation with Tim Cohen.

Our visiting author from Europe this year is Bart de Graaff whose book on the KhoiKhoin: Ik Yzerbek/Ware Mense (translated by Daniel Hugo) traces the experience of the earliest peoples of our land.

Artist Elza Miles has made a major contribution to the art scene of SA, with her historical works on various visual artists, she will be in conversation with writer and journalist Johan Myburg who will also speak about his new poetry anthology Uittogboek.

Rapper, Hemelbesem, Simon Witbooi will discuss his autobiography, God praat Afrikaans with Anzil Kulsen.

Joyce Kotzè and her translator, Daniel Hugo speak about her Anglo-Boer War novel: The Runaway Horses/Wintersrust, fiction based upon fact. Joyce relates how her forebears fought on different sides during the War. They will be in conversation with Carel van der Merwe, author of Donker stroom.

Local ornithologist Dr Richard Dean will launch his book, Warriors, dilettantes and businessmen – Bird Collectors during the mid-19th to mid-20th centuries in South Africa.

Karel Schoeman’s contributions to South African literature will be the focus of a panel discussion with Nicol Stassen and Cas Wepener (author of van Die reis gaan inwaarts- die kuns van sterwe in die werke van Karel Schoeman) co-ordinated by Prof Bernard Odendaal.

New food celebrity Nick Charlie Key will reveal banting tips and how to enjoy a healthy lifestyle whilst indulging in decadent desserts, from his book Jump on the Bant Wagon with food-lover Russell Wasserfall.

Poets Gaireyah Fredericks, Daniel Hugo, Johan Myburg and local raconteur Hugh Forsyth will read some of their favourite poems in English and Afrikaans literature.

Two music and word highlights will be Tribal Echo with Huldeblyk aan Adam Small/Tribute to Adam Small and Afrika my verlange/Afrique mon désir: Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, with six West African singers, in collaboration with the Cape Town Music Academy.

Our programme includes two films. Director and producer, Roberta Durrant, will attend the Karoo premiere of her award-winning film Krotoa. Eerstewater is a documentary film set in and around Prince Albert based on Hélène Smit’s book, Beneath.

We’ll look at the state of children’s book publishing in South Africa, enjoy an evening in the company of comedian Nik Rabinowitz, enjoy delicious meals at the on-site restaurant and generally savour the Soul of the Karoo.

The 2017 Leesfees is a festival you cannot miss. The full programme can be found on the festival website - www.princealbertleesfees.org – and the Facebook page www.facebook.com/princealbertleesfees – offers daily updates on the people, books, poetry and experiences which make up this great cultural event.

Tickets can be bought online at www.princealbertleesfees.org and at the Prince Albert Library, Church Street, Prince Albert. Tel: 023 5411 014. For information and enquiries: princealbertleesfees@mweb.co.za and WhatsApp: 073 213 3797.

Agents of the State

Book details

 
 

The Yearning

 
 
 
 

Killing Karoline

 
 
 
 

Rule of Law

 
 
 
 

Ware Mense

 
 
 
 

Uittogboek

 
 
 
 

God praat Afrikaans

 
 
 

Wintersrust

 

Die reis gaan inwaarts

 
 

Jump on the Bant Wagon

Die ware Taalstryd speel hom af in die linies van die Afrikaanse underground-beweging: Koos Kombuis oor die wonder van Ons Klyntji

$
0
0

“Is jy ’n Taalstryder?”

Hierdie vraag word met gereelde tussenposes aan my gestel.

’n Ander moeilike vraag is: “Hoekom neem jy nooit deel aan die ‘Afrikaans is Groot’-konserte nie?”

Dis nie vrae waarop ek ’n maklike antwoord het nie.

Afrikaans is een van elf amptelike tale in Suid-Afrika.

Ons is eintlik nie moerse groot nie.

Ons durf nie onsself aanmatig deur die koning van die mishoop te probeer wees nie. So sal ons nie oorleef nie. Dit sal vyandigheid ontlok by mede-Suid-Afrikaners. Dit ontlok reeds vyandigheid.

So maak mens nie vriende nie. En so oorleef mens nie in ’n harde en kompeterende omgewing nie.

Gedurende die tagtigerjare het ek en my vriende – ons was toe nog jonk en voortvarend – tientalle sogenaamde ‘little magazines’ die wêreld ingestuur. Van hierdie tydskriffies, meesal gefotostateer en vasgekram, het name gehad soos Donga, Die Tagtiger, Koerant, Work in Progress, Kabelkarnimfe, Taaldoos en Graffier. Die inhoud van hierdie tydskrifte was meesal baie alternatief en uitdagend. Omdat hulle anti-N.P. was, is party van hierdie publikasies verbied.

Die laaste ‘little magazine’ is in 1996 gestig. Ek het ’n beperkte oplaag laat druk met ’n borgskap van vyftig rand, bygedra deur my pel One-Love.

Die naam van hierdie tydskrif was Ons Klyntji. Dit was veronderstel om ’n voortsetting te wees van die tydskrif met dieselfde naam wat in die laaste jare van die neëntiende eeu ’n subversiewe rol gespeel het in die bewuswording en tot-standkoming van Afrikaans as volwaardige taal.

Ons Klyntji is vandag die enigste sogenaamde ‘little magazine’ wat nog bestaan. As mens in aanmerking neem dat die eerste uitgawe inderdaad honderd-een-en-twintig jaar gelede verskyn het, het Ons Klyntji die rare onderskeiding dat dit nie slegs die langslewende tydskrif uit die ‘little magazine’-era is nie, maar dat dit amptelik die oudste bestaande Afrikaanse publikasie is. Dis ouer as Die Huisgenoot!

Vir my voel die ontstaan en voortbestaan van ’n tydskrif soos Ons Klyntji werklik soos ’n wonderwerk. Die manier hoe dit gebeur het, en die sinchronisiteit van alles, byna te merkwaardig om waar te wees. Vir ’n volledige geskiedenis van hoe hierdie tydskrif herleef en oorleef het in moderne tye, gaan lees gerus Mila de Villiers se deeglike stuk navorsing getiteld Van ‘Leesstof vir die Afrikaanse Volk’ tot ‘Iets Cools in Afrikaans’.

As ek ’n Taalstryder is, is ek nie een van die groot taalbulle wat raas en blaas vir die toekoms van Afrikaans nie. Ek is die ou wat die klein vlammetjies hier onder aanblaas.

Wie weet; dalk sien die volgende geslag hierdie pogings raak, en bou daarop?

Daar is alreeds vandag twee weergawes van die tydskrif, een wat fisies gedruk is en ’n online-weergawe. Die fisiese tydskrif, met die titel Ons Klyntji, is onder redaksie van Toast Coetzer, Erns Grundling en Alice Inggs, en dit word gedruk met ’n klein borgskap van Oppikoppi. Bydraes – enigiets van gedigte tot kort stories en tekeninge – kan gestuur word aan toast@weg.co.za.

Die aanlyn-weergawe, getiteld Klyntji, is onder die redaksie van Francois Lion-Cachet. (As sy van bekend klink, hy is inderdaad ’n direkte afstammeling van ene J. Lion-Cachet , wie ’n leeue-aandeel gehad het in die Taalbewegings van die laat neëntiende eeu!)

Hierdie tydskrif kan gratis gelees word by http://klyntji.com/ .

Hoewel daar ’n losse samewerking tussen die redaksie van die fisiese en aanlyn-weergawes is, en die inhoud soms oorvleuel, word die aanlyn-weergawe meer gereeld opgedateer.

Ek het die 23-jarige Francois uitgevra oor sy motivering vir die stig van Klyntji, en hy het as volg geantwoord:

Vir my was die hoofrede met die stig van Klyntji om ’n publikasie te skep wat ek wou lees. Internasionaal vind ek aanklank by, onder meer, Dazed, iD en Vice, almal afsonderlik aan die verslaggewende voorpunt van progressiewe wêreld jeugkultuur. Afrikaanse publikasies haak dikwels vas by die “bevordering” of selfs “oorlewing” van die taal, waar dit vir my belangrik was om ’n post-Afrikaanse aanslag na te volg, minder gepla met die “Taal”, en meer gefokus op wat die kultuuragenda is en behoort te wees. Klyntji is nie hoogheilig nie, maar wel edgy en vars.

Dit is my vermoede en hoop dat geskiedskrywers wat eendag terugkyk na die literatuur van die vroeë een-en-twintigste eeu, sal besef dat die ware Taalstryd homself afgespeel het, nie in die rookgevulde sale van die Taalbulle of op die verhoë van ‘Afrikaans is Groot’-konserte nie, maar in die klein en minder opvallende linies van die Afrikaanse underground-beweging. - @KoosKombuis

Fiksie Vrydag: Jacques de Viljee se kortverhaal, My laaste aand (in Kaapstad)

$
0
0


Foto’s: Jacques de Viljee, Instagram

Jacques de Viljee is ’n skrywer van Kaapstad. Sy werk is al in New Contrast en op LitNet en Klyntji.com gepubliseer.

My laaste aand (in Kaapstad)
Jacques de Viljee

“Dis tog vanselfsprekend: Kill your darlings, my kind.”

“Maar wat bly oor?”

#

 
[11:41, 8/28/2018] +27 73 693 2733: En die verlange na die ruik, proe, hoor, voel?

[11:49, 8/28/2018] +27 73 693 2733: Jy kan deurkom.

[11:49, 8/28/2018] +27 73 693 2733: Dis net ek.

[11:49, 8/28/2018] +27 73 693 2733: Naak en eerlik.

[12:11, 8/28/2018] Christine van Vreden: Ek wil omhels. Ek wil vergeet. Ek wil glo.

Daar het net nou te veel twyfel opgeduik. Ek kry dit net nie weggebêre nie.

Ek wil, ek wil

Dus vertrou ek dat ’n tydjie alleen my net weer sal laat besef dat my idees/ persepsie nie altyd so konkreet hoef te wees nie. Dat mens bly mens.

Maak dit sin?

#

Net die skoon word vermoor
Net die sag kry seer
Net die jonk glo
Soos wat net die jonk van hart kan glo

“O Jirre ek moet gaan -” Stamp ’n stoel om, mense wat oor mekaar praat, harde musiek wat krapperig oor die luidsprekers speel, sigaretrook en wierook, vuil kussings en oorvol glase.

“Hierso: Why some aspects of punk spoke to Afrikaans-speaking musicians and not to Anglophone musicians is a theme that further research should investigate more carefully.

What do you think, P?” “Ja, youth culture specialist.” “What do I think? Dude, to be honest I think it’s that brattiness that’s so inherent to punk rock -” “Brattiness?” “What do you call it, a vloermoer? That conscious dissociation with the order, the system, whatever. To break down everything around you, even if you let the walls fall in on yourself. I think that’s why the Afrikaners -” “Afrikaans speakers.” “Vink, fokkit.” “Whatever, man, why they chose punk rock as a medium, rather than something more sophisticated like jazz, which they probably saw as another form of Anglo-imperialism, cultural snobbery or something, you know.”

“Ja, seker.”

“And then youth culture. Like counterculture it just needs confusion and alienation to erupt.” “Maar is hulle nie confused nie? I’m on my way to thirty and I’m confused as fuck!” “Maar jy moet onthou, Ludwig, keep in mind that they’re growing up in this time, they’re used to this continuous and constant change.” “But it’s … exponential …” “They’re okay with that. Only what happens in the moment matters. What happens to the moment doesn’t.” “Expendable present.”

“The best, babez! We dyed our hair purple and watched the first Harry Potter movie!” “That. Is incredible!” “I know, right!” “We’re just fucked, man. Confused. And that’s why the alternative scene or whatever you wanna call it, realness, is being shaped by these geniuses in their late twenniez and thirdiez.” “That’s fuckin’ us!” “That is fuckin’ us, dude! Why do you think I enjoy my job so much? These are the people I work with every day!” “It’s a bless!” “Such a bless, bro.”

Hulle lag. Vat slukke wyn. Ludwig haal sy tabaksakkie uit sy baadjie en sit dit voor hom op die tafel neer.

“Exactly! So I’m making this note in Kitcheners about writing a poem or something about Amelie and Janine meeting at an exhibition in Maboneng, because, I mean, it starts with Janine going up to Amelie and being, like, ‘Stan Smiths are the most comfortable shoes on Earth, am I right, babe? -” “Ja, and we spoke about a psychoman! We both had one! She had this guy they camped with in the Tankwa Karoo and afterwards he called her a desert slut!”

“Haha, what the fuck!”

“And I was chatting to this guy on Tinder and I told him I like cello music.” “Yeh.” “And he stops talking to me. Calls me a cello slut.” “What the fuuuucccckkkkk!!!” “And so, as I write the note this guy comes over to us, and he asks for a lighter. And next moment he has two lighters and a match lighting up his cigarette, shakes his head and smiles this gigantic smile. And the ice is broken. Such a …” “Try streaming happiness, you know what I mean?” “Highly Recommended dude, ons moet dit dan doen. Ons het ’n vyf jaar voorsprong.”

Die deurklokkie lui. Iemand se foon lui, dronk huiweroomblik, dan: “Ek sal dit kry.” “Ruann, dude! Lekker. Ons is by Ryno en Amelie se flat, luister musiek, drink joints en rook wyn. Ja … Um, ja, Ludwig, Phumlani, Jacques, Janine, Vink, Sibusiso … Okay cool, nee, geniet Siblings, dude, laat maar weet as jou planne verander.”

“Wie’s dit, Ami?” “Dis Jesus by die interkom.” “Al weer.” “Patrick Stickles, mahn!” “I feel like that about Kendrick Lamar.” “I know, right! Master historian.” “I only talk for myself. Fuck your association.” “Doesn’t tweet. Like Camus.” “Vink!” “King Kunta.” “Ja, die heeltyd. Daar’s hierdie nuwe ding wat hulle uitgedink het, wel jy het seker al daarvan gehoor, waar jy al jou mediese data in ’n masjien kan upload, en hulle basies ’n kloon van jou kan maak wat nooit sal siek raak nie, so nooit kan doodgaan nie. En jou consciousness …” “Jammer dat ek jou in die rede val. Dis weird. Ek was altyd vreesbevange vir die dood, aande wakkergelê. Nou’s dit die idee van onsterflikheid wat my nie kan uitlos nie.” “Ek voel dieselfde, man.” “Ons het vergeet dat doodgaan deel van lewendig wees is.” “Ja ja ja,”

Ludwig staan verwilderd op, klim op sy stoel, wat onder hom wankel. “Almal almal almal! ’n Heildronk. A toast. Here’s …” Lig sy glas. “To dying!”

Almal saam, “To dying!”

“Fok ja, kom hier, Ludwig.” Ryno sluk die laaste van sy wyn af. “Daar’s nog bottels in die kombuis.” “Feminism’s failure to acknowledge that beauty is a value in itself, that even if a woman manages to achieve it for a particular moment, she has contributed something to the culture.” “Presies! Jacques, ek –” “Dude, daar’s nog kots op jou baadjie.” “Thanks. Fok.” “Ja, wanneer die wêreld in 2029 in rook en vlamme opgaan.” “Social media, right, we’re all sitting in the same room trying to talk over each other.” “What I wanna know is: Are we cool enough for you, Phumlani? I mean …” “Maar dis wat dit is: Kanye en Drake. Hulle tap in hierdie self-obsessie, want dis so tekenend van ons tyd.” “Volgens my: Tame Impala wat op daai selfde obsessie intap, die gevoel van vervreemding daarteenoor.” “En Maandagaand Stellenbosch!” “Yes! Dit gaan lóóp!” “Dit gaan hárd loop!”

“Fok Buzzfeed! Popkultuur popkultuur popkultuur popkultuur! Ek kan nie.” Die girts van ’n lighter maak ’n vlam. “Aaah! Smoking joints like cigarettes al weer!” “Dude, sit Swanesang op. Die grafsteen van ons jeug, noudat ons op die onderwerp is.” “Nee, Lugsteuring, iets harder!” “Jy’t nie My Chemical Romance op vinyl nie?” “Bra. Jy’t ’n moerse wanpersepsie van my musieksmaak.”

“Krisjan het. Moet ek dit gaan haal?” “As jy nugter genoeg is om die naald te lig.” “Kom, sit.” “Ek sit bietjie op my voete.”

“Ja. Ek en Christine is besig om op te breek.”

“Nee, Jacques.”

“Daar’s net hierdie magteloosheid. Dis eintlik erger, jy weet. Al wat oorbly is woorde om te herstel. En ek weet nie of ek woorde diep genoeg het nie.” Hy trek aan sy sigaret.

“As daar iemand is wat het dan is dit jy, my lief.”

“God. Ek kan net hoop en bid.”

“Weird vraag. Onregverdige vraag. Help dit jou nie? Is sy nie die persoon wat die storie van jou pyn aandryf nie?”

“Vink. Dink jy nie dit is waar die raaisel net joune is nie? Dis soos om te vra waaraan dink jy as jy masturbeer? Dis jou weergalmende heelal, jou orgasme op papier.”

“Vreemd. Ja. Wanneer laas? Ek dink … in ’n treinkompartement op pad Bloemfontein toe. Myne ook…”

“En die boek?”

“Goed. Die einde is in sig. Ek oefen vir onderhoude as ek hoog en alleen is.”

“Goed so…”

“And how is the current political sphere any different to imperialistic missionaries?” “It’s the new entertainment industry.” “Western capitalism in sheep’s clothing.” “And memes are just cultural inside jokes.” “Thanks, Vink.” “It’s true, though.”

“Okay. Ons moet gaan. Come, Sibz.” “Cool, cheers, man. Is julle Uber hier?” “Ons stap sommer. Dis tien minute.”

“Veilig wees.”

“Bye, Vinklief. Bye, Sibz.”
 
 
“En hoe voel dit om nie meer ’n werk te hê nie?”

“So bevrydend, joh.”

“En môre vlieg jy?”

“Môre vlieg ek.”

“Vriend, ek gaan jou mis.”

“Ek ook, alles; almal; elke aand.”

“Desnieteenstaande. Feite bly feite.”

“Yoh, P, did you see the newest Jean Kleynhans?” “No?” “A white guy and a black girl sitting in bed, Do liberal black girls enjoy social justice more than sex? at the top, the girl busy on her phone, starting a tweet with tfw, and the guy is busy masturbating, moaning JA! JA!, about to come.” “Jesus.” “Going all political and shit, huh?”

“Politics is porn.”

“Ja.”

“Ryno, is jy reg om ʼn pa te wees?”

“Waarvan de fok praat jy, bra?!”

“Net ’n vraag.”

“Ek groei weer my baard, so seker ja, ek weet nie. Dis ’n vreemde vraag, vriend.”

“Ek moet ook gaan, dude, baie dankie.” “So nou is dit net ons en die volksverraaier.” “Julle weet dat ek kan Afrikaans verstaan.” “I’m referring to Ludwig, Phumlani.”

“Ag fokof, man!”
 
 
Die plaat het ophou speel. Phumlani is huis toe en Amelie het gaan slaap.

“Al weer net ek en jy, Ludwig.”

“Janee.” Dowwe geklop, gedagtes wat leeg weergalm.

“So jou laaste aand in Kaapstad, nè?”

“My laaste aand in Kaapstad.”

“Die aand voor die groot verkiesing…”

“En ek gaan nie eers fokken stem nie.”

“No Allegiance to the Queen.”

“No allegiance to the queen.”

“Dis Ruann wat gebel het, nè? Waar het hy gesê is hy?”

“In Siblings saam met Darius-hulle.”

“Ah, okay, die skate crew.”

“Yes. Die Enlightened Youths.”

#

 
[12:15, 8/28/2017] +27 73 693 2733: Ja.

[12:15, 8/28/2017] +27 73 693 2733: Maar ek gaan myself nooit kan vergewe nie

[12:15, 8/28/2017] +27 73 693 2733: die seer wat ek gemaak het

[12:21, 8/28/2017] +27 73 693 2733: dat my dade jou verhoed om by my te wees

[12:21, 8/28/2017] +27 73 693 2733: my verstand kan homself nie begryp nie

[12:23, 8/28/2017] +27 73 693 2733: is hierdie apartwees nie genoeg nie?

[12:23, 8/28/2017] +27 73 693 2733: hoe lank moet ons onsself gysel?

#

 
(Hey Ludwig, nou net by die flat gekom. Te moeg om uit te gaan. )

(Dink nou net. Wil net weer sê. Gaan vind wat jy soek. Gaan geniet wat jy vind. My goed kan enige dag verander. Moenie daaran vasklou nie. Ek gaan die fisiese jy mis. Ek het jou oneindig lief. Maar ek gun jou als. Daar is so baie wat wag!)

(Hoop julle klomp kuier lekker! Ek sien jou moreoggend. Liefde e)

#

 
’n Maand by die see. Grys druppels teen die vensters. Die reuk van groen heuwels en ’n dynserigheid oor die see. Afgeskilferde rotse, soutsmaak branders. My kinderdae, het jy geweet? Rooi oë en geel vingers. Die stilte van die see, druisende geraas oor die sand. God en liefde en verlange en dood en skuld en pyn en vrees en afsondering. Altyd musiek wat my weer na die mens toe terugtrek.

#

 
Ma en Pa

Vanaand is my laaste aand in Kaapstad. Môre vlieg ek Suid-Korea toe. Ek het deur Wikus (Wynand se vriend) daar werk gekry om Engels te gee.

Daar is seker twee goed wat ek behoort te verduidelik.

Eerstens, hoekom ek gaan: Ek dink, basies, voel ek net al vir lank asof ek nie meer hier is nie. Ek word surround deur mense met probleme en drome soveel anders as myne. Alles wat ek doen is op die internet. Al my werk, ek lees net op die internet. Dit is waar ek flieks kyk en musiek luister. En ja, ons het al hieroor gepraat, en ja, dis seker hoekom ek boeke begin koop het en al my vinyls. Om te voel asof ek hier is. Maar die mense hier … Niemand voel tuis nie en ek kort ’n tuiste.

En dit beantwoord seker tweedens hoekom ek nie vir julle gesê het ek gaan nie. Hoe sê ek dit met ’n straight face? Julle was nog altyd hier en ek was altyd die een wat gesê het Nee, ons moet vir ewig bly.

As hierdie seermaak hoop ek julle kan soortvan verstaan. Ek gaan vir minstens twee jaar nie terugkom nie, maar julle is welkom om enige tyd te kom kuier. En ek sal e-mail en ons kan Skype en ek is nog steeds op ons Whatsapp group.

Ek sal safe wees. Ek sal laat weet hoe dit gaan.

Groete Liefde

Ludwig
 
 

[This message has no subject.]

Do you want to send it anyway?

Cancel | Send Anyway

#

 
Ek bel. Dit lui. En lui. En lui.
 
 


Erkennings:

Die liriekaanhaling in die tweede gedeelte van die kortverhaal kom uit “Oop vir misinterpretasie” deur Fokofpolisiekar.

Die kortverhaal bevat ’n uittreksel vanuit die volgende bron:

Maria Suriano & Clara Lewis (2015) Afrikaners is Plesierig! Voëlvry Music, Anti-apartheid Identities and Rockey Street Nightclubs in Yeoville (Johannesburg), 1980s–90s, African Studies, 74:3, 404-428, DOI: 10.1080/00020184.2015.1004850, asook ’n aanhaling van Camille Paglia.

2017 South African Literary Awards winners announced!

$
0
0

This year’s winners of the South African Literary Awards (SALAs) were announced on Tuesday night, 07 November 2017 at UNISA, Pretoria Campus.

Authors, poets, writers other and literary practitioners whose works are continuously contributing to the enrichment of South Africa’s literary landscape were celebrated in an auspicious ceremony.

The SALA Awards have honoured over a hundred individuals in the past 12 years.

The 2017 South African Literary Awards (SALAs) winners are:

Category: First-time Published Author Award

Moses Shimo Seletisha, Tšhutšhumakgala (Sepedi)

Category: k.Sello Duiker Memorial Literary Award

Nthikeng Mohlele, Pleasure (English)

Category: Poetry Award

Helen Moffett, Prunings (English)

Simphiwe Ali Nolutshungu, Iingcango Zentliziyo (isiXhosa)

Category: Creative Non-Fiction Award

Dikgang Moseneke, My Own Liberator (English)

Category: Literary Journalism Award

Don Makatile, Body of work (English)

Phakama Mbonambi, Body of work (English)

Category: Literary Translators Award

Bridget Theron-Bushell, The Thirstland Trek: 1874 – 1881 (Afrikaans to English)

Jeff Opland, Wandile Kuse and Pamela Maseko, William Wellington Gqoba: Isizwe Esinembali, Xhosa Histories And Poetry (1873 – 1888) (isiXhosa to English)

Jeff Opland and Pamela Maseko, DLP.Yali-Manisi: Iimbali Zamanyange, Historical Poems (isiXhosa to English)

Category: Nadine Gordimer Short Story Award

Roela Hattingh, Kamee (Afrikaans)

Category: Posthumous Literary Award

|A!kunta, Body of work (!Xam and !Kun)

!Kabbo, Body of work (!Xam and !Kun)

≠Kasin, Body of work (!Xam and !Kun)

Dia!kwain, Body of work (!Xam and !Kun)

|Han≠kass’o, Body of work (!Xam and !Kun)

Category: Lifetime Achievement Literary Award

Vusamazulu Credo Mutwa, Body of work (English)

Aletta Matshedisð Motimele, Body of work (Sepedi)

Etienne Van Heerden, Body of work (Afrikaans)

Category: Chairperson’s Award

Themba Christian Msimang, Body of work (isiZulu)

Book details

Launch – Ons Klyntji: Internasionaal (7 December)

$
0
0

Established as a title in 1896, Ons Klyntji has risen, died, been reborn, died off again and finally been reinvented somewhere in the murky 1990s to become what it is today: a 144 page, pocket-sized annual of the doen en late of South Africans at home and abroad. Afrikaans and English sit side by side (plus bits and bobs of other languages) to create a kind of restless vernacular in poem-form, short story-shape, photographs, cartoons, funny things, rude things, sad things and just plain truths too.

The 2017/18 edition is subtitled Ons Klyntji Internasionaal because it happens to feature so many stories and contributions from places elsewhere in the world.

Come celebrate the Cape Town launch with us at The Book Lounge on Thursday 7 December at 6 pm sharp.

Readings by Annie Klopper, Engela Duvenage, Toast Coetzer, Hanru Niemand, Vusumuzi Mpofu, Erns Grundling, Chris Wait, Sjaka Septembir, Matthew Freemantle, Donné-Louise Grobler, Louis Duvenage, Leila Ruth, Fourie Botha and Alice Inggs.

Zines will be on sale. RSVP to booklounge@gmail.com

Oh yes, there will be free wine!

Ons Klyntji is sponsored by Oppikoppi music festival and Woordfees.


Capetonian author, François Bloemhof, breaks into Hollywood

$
0
0

Capetonian author, François Bloemhof, a prolific writer of adult, teenage and youth fiction, who has written close to 80 titles, is going to Hollywood.

This versatile writer’s adult work explores thriller, supernatural and more conventional dramatic themes, but for his Hollywood debut, he will be writing the screenplay of a movie with a thriller/sci-fi slant.

Apart from being a full-time writer, Bloemhof is obsessed with film. He watches movies and series daily, he says, as part of his research and owns a massive DVD and Blue Ray collection. On the local front, he is not an unknown when it comes to movies. He has been involved in a number of successful screenplays or novels based on screenplays in South Africa, notably Pad na jou hart, Vir altyd and Vir die voëls. His first fiction title that was filmed is based on Doodskoot / Double Echo, published in 2016.

A friend encouraged him to pitch for the screenplay for Hollywood. Cleverly, he took the outline of an Afrikaans thriller which was published in 1997, Die Nagbesoeker, and gave it a sci-fi twist. And so, The Night Visitor was born.

The plot centres around the story of a successful city model whose sister is murdered in a coastal town, but hers is not the only murder that takes place! The model, who is already in a relationship, visits the town and becomes attracted to a man who recently moved there. Strange things happen. Friends react unexpectedly. She comes to the conclusion that no one is to be trusted.

According to his Facebook page, Bloemhof will be writing the screenplay himself.

In November 2017 Francois Bloemhof’s two latest titles were published by new independent publishing outfit, Imbali General & Trade. Set in Durbanville, Feeding Time and Dieretuin explore the shenanigans of a well-to-do family known as ‘The Zoo’. Their unconventional lifestyle and appetite make of this thriller a surprising page turner, which blindsides the reader overwhelmingly.

Francois’ books, including Feeding Time, are available at the following stores: Exclusives, Wordsworth, Protea, Book Lounge, Graffiti Books, CNA, and PNA.

To find out for information about these titles or about Imbali, visit their website, imbaliacademic.co.za or their Facebook page.

Book details

Doodskoot

 
 

Nagbesoeker

 
 
 
 
Feeding Time

 
 
 
 
Dieretuin

World Read Aloud Day 2018: add your pledge to read to the children in your life

$
0
0

“78% of Grade 4 learners in South Africa cannot read for meaning in any language” – Progress In International Reading Literacy, 2016.

Yet that doesn’t have to be the case. YOU can make a difference and contribute towards creating a South Africa where children read for enjoyment, meaning and understanding.

Together, we can read to 1 million children!

Reading aloud to a child is one of the most important things a parent and caregiver can do with children. Not only does it build a strong language foundation, it introduces vocabulary and can help develop empathy, curiosity and critical thinking.

World Read Aloud Day is on Thursday, 01 February 2018. On this day we all have a responsibility to spread the importance and power of reading aloud and sharing stories with children.

What you can do

This World Read Aloud Day we’re calling on YOU to add your pledge to read to the children in your life. This year’s story is ‘The final minute’ written by Zukiswa Wanner. You can download this story in any of South Africa’s official languages.

Click here to make your pledge.

Kunstenaarsbeurse beskikbaar vir bywoning van die US Woordfees 2018

$
0
0

Vir kunstenaars is die Woordfees meer as net uitstekende vermaak of pitkos. Dis ’n plek waar kreatiewe vonke spring – tussen kunswerk en toeskouer, tussen konsepte en idees, en dikwels ook tussen kunstenaars, generasies, tale en kulture.

Die Woordfeesprogram bied ’n ryk verskeidenheid van inspirasie aan skrywers, teater- en filmmakers, akteurs en klassieke en kontemporêre musikante. Dit is egter nie altyd vir kunstenaars moontlik of bekostigbaar om alles by te woon wat hulle graag sou wou beleef nie.

Met die nuwe Kunstenaarsbeurse bied die Woordfees vyf kunstenaars die geleentheid om hul kreatiewe batterye te herlaai en vanjaar se fees ten volle te beleef. Al wat die Woordfees van beurshouers verwag, is om ’n joernaal te hou waarin feeservaringe en menings oor bygewoonde produksies gedeel word.

’n Kunstenaarsbeurs sluit in:
- R5 000 vir reis en verblyf, wat die beurshouer kan aanwend na goeddunke
- twee etes per dag in die BBP-area vir ’n maksimum van vyf dae
- gratis bywoning van alle aanbiedings in dié genre waarin die beurshouer self kuns skep

Om in aanmerking te kom vir ’n beurs moet aansoekers die volgende voorlê:
- tussen 300 en 500 woorde oor hoekom dit vir die aansoeker as kunstenaar goed sal wees om die 2018 US Woordfees by te woon
- ’n verkorte CV van die aansoeker se kunstenaarsloopbaan met 2 referente

Stuur aansoeke voor of op 12 Februarie 2018 aan Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za

Let wel: Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie en geen korrespondensie sal oor die toekenning van beurse gevoer word nie. Slegs kunstenaars wat op geen wyse by die US Woordfees 2018 betrokke is nie, kan aansoek doen vir ’n kunstenaarsbeurs.

Vir verder navrae, kontak Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za

Kry jou chronologiese Woordfees Skrywersfees-program hier!

$
0
0

 

Vrydag 2 Maart

 

WOMEN OF STEEL: THULI MADONSELA AND GLYNNIS BREYTENBACH
In conversation with Marianne Thamm

Presented by Pan MacMillan
Marianne, a well-known journalist and writer, sits down with two women whose lives are characterised by sheer willpower to pursue the truth. With Thuli’s memoir in the pipeline and Glynnis’ Rule of Law on the shelf, they discuss their formative influences, defining moments and fighting the odds still facing females today.
2 March 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

ALBERT GRUNDLINGH: ’N EEU IN PERSPEKTIEF
Aangebied deur die Dokumentesentrum, US Biblioteek
Die bekende US historikus vertel meer omtrent sy gedenkboek waarin hy skryf oor beslissend oomblikke en historiese gebeure in die universiteit se eerste 100 jaar. Daarna kan gekyk word na ‘n uitstalling in die Dokumentesentrum.
2 Maart 12:00
90 min | JS Gericke-ouditorium | R50 | R60 by die deur

ELIZE BOTHA AS GESPREKSGENOOT – ’N BRIEWEBOEK
Met Heilna du Plooy en Liesbeth Botha

Aangebied deur Litera
Chris van der Merwe gesels met samesteller Heilna du Plooy en wyle Prof. Elize Botha se dogter, Liesbeth, oor die briewe deur en aan dié geliefde literator en oud-kanselier van die US aan van die bekendste skrywers en letterkundiges van daardie tyd, en wil in besonder weet wat die verantwoordelikheid is wanneer ‘n mens werk met sulke persoonlike korrespondensie.
2 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

#JOERNALISTIEK4.0 – TUSSEN DEMOKRASIE EN DISASTER
Die US se Departement van Joernalistiek vier 40 jaar met ’n gedenkpublikasie, #Joernalistiek4.0, en bespreking oor die stand, die rol en die toekoms van joernalistiek in ons land wat alte veel ossileer tussen demokrasie en ‘n ramp. Kom klink ‘n glas!
2 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | Gratis

Saterdag 3 Maart


 

KOM BAK SAAM MET DIE KOKKEDOORTJIES!
Met Martjie Malan

Spesiaal net vir kinders: Kom kuier saam met twee deelnemers aan die Kokkedoortjie TV-reeks en leer bak saam met Martjie Malan, wat haar eie kookskool vir kinders het en medeskrywer was vir die Kokkedoortjie én nuwe Koekedoortjie-reekse. Jou sintuie sal gons, jou vingers sal woel en jou kakebeen sal wikkel! Ingesluit: bakpret met twee heerlike resepte in The Private Hotel School se professionele opleidingskombuis, werk in ‘n span met ‘n maat, eet wat jy bak en neem die res huis toe plus as bonus ‘n verrassingspakkie met geskenkies en ‘n gratis Kokkedoortjie-kookboek ter waarde van R310! Vir ouers wat moet wag, is daar koffie en eetgoed, of ‘n spesiale ontbytdemo – sien Ontbytdemo vir ouers.
3, 10 Maart: 09:00-11:30
150 min | Debut @ The Private Hotel School | R350 (Net 20 plekke vir kinders 9-13 per klas)
 
 
 
ONTBYTDEMO VIR OUERS
Aandag alle ouers van woelige kinders. Terwyl die klein Kokkedoortjies by die Private Hotel School bak en brou, word ’n weglê-ontbyt vir die ouers voorgesit. Die professionele sjefs wys jou hoe ’n ou gunsteling, Eggs Benedict, in ’n japtrap opgetower kan word sonder om op eiers te loop in die kombuis.
3, 10 Maart: 09:00-11:30
150 min | Debut @ The Private Hotel School | R115

KOSDEMO: MARTELIZE KOOK – EN JY’S GENOOI
Aangebied deur Human & Rousseau
Dié RSG-kok was van kindsbeen af die uieskiller vir die Brink-span. En g’n wonder nie – haar pa was dan die potjiekoskoning Matie Brink. Kom kyk, luister en proe aan van haar gunstelingresepte uit haar boek, soos ‘n spesiale beeswangpotjie en kry wenke oor pasta maak.
3 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

JACQUES PAUW: THE PRESIDENT’S KEEPERS
Met Pauli van Wyk

Aangebied deur Tafelberg
“Dinamiet”, inligting wat “soos ‘n veldbrand” deur die ANC sal trek, is hoe dié boek voor die tyd beskryf is. En dit was. Jacques, ‘n multibekroonde ondersoekende joernalis, wat die apartheidmoordbendes aan die kaak gestel het en al in Rwanda en Darfoer gewerk het, rig hierin sy soeklig op die skadu-mafiastaat van Zuma en die kabal wat hom in sy plek as Nommer Een hou. In sy boek ontbloot Jacques, deur jare se volgehoue speurwerk, ’n spoor van leuens en kontant, meelopers en spioene tot selfs geheime ontmoetings in Rusland. Daily Maverick se Pauli lei die gesprek.
3 Maart 10:30
60 min | Kruiskerk| R50 | R60 by die deur

SIMON BRUINDERS: DIE DJ
Aangebied deur Naledi
Akteur, dramaturg, skrywer en ontvanger van ‘n Fiësta vir Lewenslange bydrae. Valerie Truter vra Simon uit oor hoe hy dié oorgang gemaak het en sy jongste roman, oor ‘n seun van Zoar wat teen sy wil saam met sy gesin Mitchells Plain toe moet trek ….
3 Maart 10:30
60 min | Bloehomhoek | Gratis

DEON EN KLUUN: ROCK-STERRE IN DIE SKRYWERSWÊRELD
Met Deon Meyer en Ray Kluun

Moontlik gemaak deur SASNEV en Human & Rousseau
Deon Meyer is onlangs vir die Icelandic Noir-toekenning benoem en het al Duitse, Franse en Amerikaanse pryse gewen. Sy Vrou in die blou mantel (weer met Bennie!) was ‘n opdragwerk vir die Amsterdamse Boekeweek. Nederlander Kluun het destyds meer as 1 miljoen eksemplare verkoop van sy debuut – in Engels, Love Life en in Afrikaans, ‘n Vrou gaan dokter toe, en het pas sy vierde roman gepubliseer. Altwee trek skares. Altwee tree wêreldwyd op. Kirby van der Merwe wil weet wat is die voordele, maar ook slaggate van sukses.
3 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

TOM LANOYE: SPRAKELOOS
In gesprek met Kluun

Moontlik gemaak deur SASNEV
Kom kyk na die fliekweergawe deur regisseur Hilde van Mieghem van die Vlaamse Tom Lanoye se roman Sprakeloos. Hierin word vertel van die skrywer se flambojante moeder, wat na ‘n beroerte haar spraak verloor en hoe dit die skrywer aftakel. Ná die fliek gesels Tom en die beroemde Nederlandse skrywer Ray Kluun oor hulle onderskeie ervarings met die verfilming van hulle boeke. Kluun se supertreffer, wat ook in Afrikaans as ‘n Vrou gaan dokter toe verskyn het, is in Nederland verfilm.
3 Maart 13:00 Fliek 15:00 Gesprek met Kluun
100 min Fliek | 60 min Gesprek | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

KOSDEMO: BOEKKLUBS KUIER SÓ
Aangebied deur Quivertree
Dis nie net op TV waar kunstenaars boekklub hou nie. Die bekende Kaapse keramiekkunstenaar Louise Gelderblom wys met The Book Club Cookbook: Eat Your Words hoe 24 jaar se leeskringbyeenkomste haar geleer het enigeen kan stresvry onthaal as jy iets lekkers vroeg kan klaarmaak.
3 Maart 14:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 at the door

REUBEN EN RIANA BY THE JORDAN
’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.
Sjef George Jardine se The Jordan Restaurant is een van dié fynproewersbestemmings in die Boland. Daarom is daar nie ‘n beter plek om die geliefde kospersoonlikheid Reuben Riffel beter te leer ken nie. Kom luister oor ‘n viergangmaaltyd, bedien met die beste wyne en in ‘n restaurant met ‘n uitsig oor die berge, na ‘n gesprek tussen Reuben en die ewe bekende roman- en kosskrywer Riana Scheepers. Die twee sal gesels oor sy jongste boek, Reuben At Home, waarin hy ‘n kosbare kykie gee in sy huislewe en vormingsjare in Groendal buite Franschhoek.
3 Maart 19:00
150 min | Jordan-wynlandgoed | R950

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Sondag 4 Maart


 

’N PAARTIE VIR RYK – ONS ONTHOU RYK HATTINGH
Met Jana Cilliers, Willem Pretorius, Catherine du Toit en ander

Hy was iemand wat sy ‘vinger kon druk in die wond van verlies, van híér en dáár, van orde en sensualiteit, van eie chaos en woede en perversie’; wat geglo het ‘n mens leef jou eerder dood. Toe Ryk Hattingh verlede jaar, 10 dae nadat hy die kykNET Rapport fiksieprys vir Huilboek ontvang het in Auckland sterf, was dit met ‘n gevoel van ongeloof dat medeskrywers en vriende die nuus ontvang het. Hier onthou hulle die “skoenlapper” van Nieu-Seeland op ‘n gepaste manier ‘n jaar nadat hy die Woordfees-gehoor in die palm van sy hand gehou het. Kom lig saam ‘n glas en luister stories. Veral roerend is die vertellings van sy beste vriend Zirk van den Berg, sy vrou en drie seuns in ‘n spesiale video uit Nieu-Seeland.
4 Maart 18:00
60 min | Die Bosrestaurant | Gratis
 
 
STORIEVUUR: VRIKKIE & DIE BOIKIE VAN GROOTFONTEIN
Aangebied deur NB-Uitgewers
Vrikkie se briewe aan sy antie het ‘n Facebook-fenomeen geword nadat die Vrystaatse prof Deon Visser hom geskep het om sy vrou te laat lag. Nou kan jy giggel oor vertellings uit Hoezit Antie? Vrikkie hier. Lloyd Zandberg se humor in Per ongeluk is soos sy mense in Namibië: droog, maar lekker!
4 Maart 18:30
60 min | Die Plataan | Gratis

STERREKYK OP KNORHOEK
Met RSG se Hennie Maas en Willie Koorts

Aangebied deur Naledi
Meld aan vir ‘n aand se sterrekyk-ekspedisie met twee van die aanbieders van RSG se gewilde Sterre en planete-reeks, wat nou ook in boekvorm beskikbaar is. Alles wat dié aand in die ruimte leef en beef en te siene is, sal uitgewys en verduidelik word. Kom loer self deur ‘n teleskoop en luister oor ‘n glas wyn hoe die wonders van die ruimte ontsluit word.
4 Maart 18:30 vir 19:00
100 min | Knorhoek | R60 | R70 by die deur

Maandag 5 Maart


 

RAMAPHOSA – BEHIND THE ENIGMA
With Max du Preez, Ray Hartley, Koketso Sachana and Jeremy Thompson

What does Ray Hartley’s Ramaphosa – The Man Who Would Be King say about the enigma that is the new ANC president – ambitious, charming, a born negotiator, astute businessman, the boy who at a young age told his friend that he would one day be president? In this centenary year of Nelson Mandela, who anointed him as his successor, everyone wants to know: Does he have what it takes to turn SA around? Max du Preez will lead the discussion with Hartley, Cape Talk’s Koketso Sachana and former Sky News achorman Jeremy Thompson.
5 March 09:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 at the door

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
VAN DE ZALZE TOT DIE STORIE
Met Julian Jansen, Martin Steyn en Dibi Breytenbach

Aangebied deur LAPA-Uitgewers en Tafelberg
Wanneer word moord ‘n storie? En wanneer klink dit soos een? Misdaadverslaggewer Julian Jansen het op niefiksie met sy Die De Zalze-moorde besluit, terwyl Dibi Breytenbach en Martin Steyn, met Heiliger en Swartval, misdaadfiksie verkies. Heino du Plessis vra hulle uit oor die dun lyn tussen feit en fiksie, navorsing en storie.
5 Maart 09:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

KOSDEMO: THERESA DE VRIES SE DEEG
Aangebied deur Human & Rousseau
Die enigste boek oor deeg wat jy ooit nodig sal kry! Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word bespreek, selfs die gewilde Marokkaanse ouarkadeeg. En boonop gee dié Kokkedoor 1-deelnemer aanwysings oor hoe om alles te versier.
5 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

MARK BEHR – NUSAS-LEIER OF STUDENTESPIOEN?
Met Pearlie Joubert en Gerrit Olivier

Die reuk van appels maak deesdae skoonskip van teaterpryse. Toe die gelyknamige debuut deur Mark Behr in 1993 verskyn het, het dit net soveel opslae gemaak, maar ook ‘n generasie rebelle geïnspireer. Drie jaar later het Mark egter erken hy het as ‘n student vir die Veiligheidspolisie gespioeneer – dit, terwyl hy voorsitter was van die Stellenbosse Nusas-tak. Pearlie, ‘n bekende joernalis, het ná Mark se dood in 2015 haar studentevriend se hanteerder opgespoor. Gerrit, ‘n Wits-kollega en vriend, was by die aand toe Mark siek begin voel het. Hulle gesels oor ’n briljante, maar komplekse man.
5 Maart 10:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

ELSA JOUBERT: SPERTYD
Met Ena Jansen

Aangebied deur Tafelberg
Ter viering van haar 95e verjaarsdag en die publikasie van die slot van haar outobiografiese trilogie, vooraf gegaan deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het Ena ‘n eksklusiewe onderhoud met Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord opgeneem is waar die boek ook afspeel. Luister na die onderhoud, waarna Ena met Elsa se seun, Nico Steytler, en haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.
5 Maart 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

KAROOGESPREK
Met David Kramer, Eben Venter, Darryl David en Louis Botha

‘n Musiekkunstenaar, skrywer, boekfeesorganiseerder en fotograaf vertel watter rol dié magiese, droë stuk aarde in hulle werk speel. David skets die agtergrond van die bekende Karoo Kitaar Blues en van die liedjies op sy nuwe CD, Wakkerslaap, Eben lees voor uit sy roman Groen soos die hemel daarbo, Darryl (die enigste Indiër-dosent van Afrikaans in Suid-Afrika) vertel van sy Karoo-feeste soos BoekBedonnerd, en Louis gee ‘n voorsmaak uit sy nuwe koffietafel-fotoboek, Karoo.
5 Maart 11:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

FRANZ MARX: SPIEËLBEELD
In gesprek met Schalk Schoombie

Aangebied deur Protea Boekhuis
Die veelbekroonde TV-skrywer/veraardiger se debuut is ’n spanningsverhaal wat teen die skunnige agtergrond van Johannesburg se ontkleeklubs en die administratiewe kantore van internasionale sakeondernemings afspeel. Akteur, dramaturg en nou ook skrywer Schalk Schoombie vra Franz uit oor wat terselfdertyd ‘n speurtog, en ‘n ironiese soeklig op hedendaagse Afrikaansheid is.
5 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

IZAK DU PLESSIS: BOEREVERNEUKERS!
In gesprek met Martelize Brink

Aangebied deur Penguin Random House
RSG se Izak vertel vir Martlize meer van sy heerlike versameling Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het, en waar hy hulle almal raakgelees het. Van die karakters is minder bekend; ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf.
5 Maart 14:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur
 
KOSDEMO: KAREN HART TOOR MET MAALVLEIS
Aangebied deur Human & Rousseau
In Maalvleis deel die Toorkombuis-kok meer as 100 liplekker maalvleisresepte, soos hoe om jou eie te maak. Leer hoe om Ouma se frikkadelpastei ‘n nuwe kinkel te gee en enige maalvleis met verskillende speserymengsels in iets spesiaals om te tower.
5 Maart 14:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

MARTIE MEIRING MEETS ACHMAT DANGOR
Presented by Pan MacMillan
The Man Booker nominated writer, who shot to fame with Kafka’s Curse, then made it onto to prestigious awards’s shortlist with Bitter Fruit, chats to Martie about growing up in the extraordinary days of apartheid, the role of the women in his family (his sister is Jessie Duarte) and in his latest novel, Dikeledi – the story of a young girl born in Harlem, and her grandmother back home.
5 March 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

TANT ANNA EN DIE 25 SHAKESPEARE-SONNETTE
Met Karin Hougaard

Op 80 het Anna Neethling-Pohl, drama-doyenne en skoonsuster van NP van Wyk Louw, 25 van Shakespeare se sonnette in Afrikaans vertaal – “om te bewys dat ek nog kan “. Dié gedigte is nou op CD beskikbaar, voorgelees deur Karin Hougaard. Karin gesels oor die ontstaan van die projek met Ingrid Glorie, koördineerder van die Week van de Afrikaanse roman, en lees van die gedigte voor met musiek wat spesiaal vir die CD geskryf is.
5 Maart 14:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

‘BUYS’ SE HONDE – DIERLIK OF MENSLIK?
Met Michiel Heyns

Dis die dilemma waarmee dié skrywer en vertaler te doene gekry het met sy vertaling-in-wording van Willem Anker se bekroonde Buys, in dié stadium genoem Red Dog: Hoe vertaal jy die honde-voorsetsel? In Afrikaans word na honde as ‘n ‘hy’ of ‘n ‘sy’ verwys. In Engels word die onpersoonlike ‘dit’ gebruik. Tensy die hond menslike eienskappe het, of ‘n naam. ‘n Prikkelende gesprek, waartydens Michiel dié en ander vertaalprobleme aan die hand van voorbeelde (*nie vir sensitiewe lesers nie) met uitgewer Hester Carstens en die gehoor probeer oplos.
5 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

JONATHAN JANSEN: AS BY FIRE
In gesprek met Frans Rautenbach

Aangebied deur Tafelberg
Die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat gee ‘n binne-perspektief op wat die werklike wortels van die studenteprotes van 2015/16 was en praat met Frans (South Africa Can Work) oor wat hy glo die universiteite moet doen om die hulpbronne van die samelewing doeltreffend te kanaliseer sodat genoeg studente toegang kan kry tot hoë-gehalte onderwys.
5 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

MARION ERSKINE: VLERKE VIR ALMAL
Met Vicky Davis, in gesprek met Ilza Roggeband

Aangebied deur Human & Rousseau
Die Amerikaanse Amanda Todd was 15 toe sy deur middel van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes het. Daarna het sy haar eie lewe geneem. Ilza gesels met Marion oor tieners, sosiale media en sy persoonlike en merkwaardige ervaring met boelies, terwyl Vicky vertel hoe sy haar teksverwerking en regie vir die Woordfees-toneelstuk Vlerke vir almal benader het.
5 Maart 17:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

8 Maart 16:15 | Hoërskool Stellenbosch Marion gesels oor die toneelstuk

MIGRATIONS-MIGRASIES
Met Piet Grobler, Paddy Bouma, Dale Blankenaar en Roger Mello van Brasilië

Meer as 300 illustreerders wêreldwyd het poskaarte gemaak ter ondersteuning van vlugtelingkinders wat in dié reisende uitstalling, met Piet as kurator, versamel is. MIGRATIONS is pas terug van Bratislava in Slowakye en van die Woordfees af op pad na Japan, Engeland en die internasionale kinderboekfees in Italië in 2019. Kom kyk gedurende die fees na dié ‘vlieënde’ uitstalling in die voorportaal van die Visuele Kunste-gebou, en luister na Piet in gesprek met van die kunstenaars tydens die opening van die uitstalling.
5 Maart 18:00 Opening
60 min | Visuele Kunste-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

CONVERSE
Met Pieter Odendaal, Adrian ‘Diff” van Wyk, Koleka Putuma, Lwanda Sindaphi, Jolyn Phillips en ander

‘n Baldadige viering van gedigte in vier tale deur die InZync-span. Om dié veeltalige poësiebundel, waarin die werk van 16 vars stemme versamel is, bekend te stel gaan ‘n tiental jong digters mekaar probeer troef met heen-en-weer vertalings tussen Afrikaans, Xhosa, Engels en Tswana.
5 Maart 20:30
90 min | Drostdy-teater | Gratis

BOEKKLUB: MY LAASTE GESPREK MET KAREL SCHOEMAN
Met Willem Landman in gesprek met Frederik de Jager; en Antoinette Kellermann

“Moenie moeite doen om hierop te reageer nie … ek is van plan om my rekenaar nou simbolies af te skakel.” Met dié woorde sluit Karel Schoeman sy e-pos aan Willem op 1 Mei verlede jaar af voordat hy sy lewe beëindig. Willem, ‘n lid van Dignity SA se uitvoerende komitee, vertel in dié eerste Woordfees-Boekklubgesprek eksklusief van sy laaste gesprekke met en besoeke aan Schoeman. Ook van die keer toe Schoeman hom gevra het om op sy bed te gaan sit en te sien wat hy laaste sou sien. Frederik, ‘n oud-uitgewer, voer die gesprek en Antoinette Kellermann lees voor uit Slot van die dag.
5 Maart 19:15 vir 19:45
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)
 

Dinsdag 6 Maart

BLOEDGELD IN IRAK
Met oud-Recce Johan Raath, in gesprek met Jaco Kirsten

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
’n Oud-Recce plaas sy lewe op die spel om BBP’s en ingenieurs te beskerm wat Irak na die oorlog moet opbou. Johan se dramatiese Blood Money gee vir die eerste keer inlsae in wat dit verg om vandag in Irak diens te doen. Hy skets vir Jaco die breër, dikwels gewelddadige prentjie van private militêre kontrakteurs se rol in hedendaagse konflikte.
6 Maart 09:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

REHANA ROSSOUW: NEW TIMES – BUT NO MANDELA
In coversation with Karina Szczurek

Presented by Jacana Media
As Ali Adams starts a new job as a political reporter at The New Times, a weekly newspaper in Cape Town, her stories make front page. But back home in Bo-Kaap the community has expectations, and none of them involve a woman running all over the place chasing stories. Apartheid, religion, homosexuality, Mandela The Sellout, politics of the newsroom, and post-traumatic stress all come to the fore in this gritty novel by a veteran political reporter.
6 March 09:30
60 min | HB Thom seminar room | R50 | R60 at the door

KOSDEMO: KOOK & GENIET MET LISE SWART!
Aangebied deur Human & Rousseau
Een TV-reeks (op kykNET) en een onbeholpe aanbieder (Lise) later, en die immergroen kookboek deur SJA de Villiers is vir die soveelste keer die nr. 1-verkoper! Dié slag wys Lise hoe almal-se-kosbybel relevant bly vir vandag se kok, en demonstreer sy en Tannie Ina se dogter Eunice van den Berg ‘n paar nuwe toevoegings tot die boek.
6 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

ROGER MELLO: ‘KWAAI PAPEGAAI’
In gesprek met Piet Grobler

Piet, seker een van ons bekendste illustreerders en deesdae professor van illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland, gesels met dié multibekroonde illustreerder uit Brasilië. Roger, ‘n gewilde en gesogte gas by boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die hoogste eer vir kinderboekillustrasie ontvang, die Hans Christian Andersen-medalje, vir sy delikate, kleurryke werk wat heeltyd in die Visuele Kunste-gebou te sien en te koop is. Piet gesels met hom oor sy lewe, visuele taal en temas.
6 Maart 10:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

TEETYD IN IDASVALLEI
Met Piet Matipa en Kuier se Marilyn Gantana

Aangebied deur Penguin Random House en LAPA Uitgewers
Ja, hy’t in ‘n weeshuis grootgeword, ja, hy’s swart, Afrikaans en gay, ja, hy haat wit yskaste. Maar verder is hy vervelig, sê Piet, skrywer van die skreeusnaakse stories in Dwarsklap. Marilyn het háár sin vir humor weer leer slyp as ‘n pasgetroude domineesvrou op die platteland. En dis waar sy ook leer kook het – om die susters uit haar hare te hou. Kom luister hoe gesels die twee met WOW se Shereen Crotz en geniet daarna tee, met happies geïnspireer deur Marilyn kuier en kook.
6 Maart 10:30
120 min | Idasvallei-biblioteek | R80 | R90 (Plek is beperk.)

TANNIE EVITA EN PIK ONTHOU MADIBA
Met Pieter-Dirk Uys, Pik Botha, Denis Cruywagen en Melanie Verwoerd

In die eeufeesviering van Madiba se geboortejaar onthou vier mense wat oor ons eerste demokraties-verkose president geskryf het die mens agter die woorde. Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik huldig die man met wie hy ‘n ‘onbekende en intieme verbintenis’ gehad het, en Denis die spirituele leier. En in volle sirkelgang lei ‘n Verwoerd die gesprek!
6 Maart 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

INGRID JONKER – DIE LAASTE BIOGRAFIE
Aangebied deur Penguin Random House
Petrovna Metelerkamp het al die inligting wat sy oor dié kultusdigter versamel het nou bygewerk met indringende nuwe navorsing en eksklusiewe foto’s. Sy vertel vir Karin Schimke hoe talle voorheen onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe en dood beantwoord word en hoe die beeld weerlê word wat die wêreld van Ingrid het. Sy wys van die foto’s en speel ook ‘n opname van ‘n voorlesing deur Ingrid self.
6 Maart 11:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

RIANA SCHEEPERS: STORMKIND
In gesprek met Dave Pepler

Aangebied deur Tafelberg
Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het. Dis die storie van ‘n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het. Snags het die wind Jana geroep en as sy mooi geluister het, kon sy die note van haar ma se fluit hoor. Maar een stormnag was daar iemand buite …
6 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

WOORD-EN-WYNETE
’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.
Kom kuier op Simonsig saam met RSG se Martelize Brink – deesdae ook ‘n kosboekskrywer – en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die landgoed se beste wyne!
6 Maart 13:00
120 min | Simonsig | R300

GABRIËL BOTMA: POLEMIEKE
In gesprek met Lizette Rabe

Aangebied deur Penguin Random House
Onthou jy nog die pennestryd wat in koerante gewoed het oor Dan Roodt se teenwoordigheid by die Woordfees? Of die fel woordewisseling nadat NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver tydens Republiekdagviering opgevoer is, of die “Boetman is die bliksem in”-briewestorm? Kom verkneuter jou in die bekgevegte wat die land en Afrikaner-kultuur help slyp het in dié gesprek tussen twee veteraanjoernaliste.
6 Maart 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

PHILIP DE VOS: VANDAG IS EK ’N WINDLAWAAI
Met Piet Grobler en Lina Spies

Aangebied deur Protea Boekhuis
Stuitige rympies is sy kos, maar ook insiggewende radioreekse oor klassieke komponiste. Met Vandag is ek ’n windlawaai, geïnspireer deur Robert Schumann se klavierwerk Kinderszenen, kombineer Philip dié twee talente en saam met Tertia Visser-Downie se klavierspel en die vertoning van Piet Grobler se sensitiewe illustrasies, word die aanbieding ‘n speelse, maar ook dromerige hunkering na kindwees.
6 Maart 14:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

ANDRÉ PRETORIUS: REISE DEUR DIE KERKHERVORMING
In gesprek met Cas Wepener

Aangebied deur Naledi
Aan die vooraand van die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Kerkhervorming loop dié reisskrywer terug op die spore van Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar grootse omwentelinge hulle afgespeel het, eet, drink en gaan kerk toe daar en soek raakpunte met sy eie kerkgeskiedenis in verre Suid-Afrika.
6 Maart 15:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

DERICK VAN DER WALT: TUSSEN VRIENDE
In gesprek met Alta Cloete

Aangebied deur Queillerie
Rugby en seer-snaakse grootwordervarings het Derick al heelparty pryse vir sy jeugromans besorg én ‘n fliekkontrak. Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle alledaagse bestaan uit ‘n man se oogpunt – van vriendskap, skuldgevoelens en ‘n affair, tot ‘n huweliksmaat se swaarkry en kommer oor ‘n dwarstrekkind.
6 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

WINSTON WICOMB – DIE ‘MECHANIC’ IN CHRIS BARNARD SE SPAN
Met Winston Wicomb, Amos van der Merwe en Hanlie Retief

Aangebied deur Naledi
Anders as sy broer, die sanger Randall Wicomb, is dié baanbreker-navorser grootliks onbekend in sy geboorteland. Die geskiedenis van sy stryd teen verwerping weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as jeugdige en die verstommende storie van hoe ‘n Volkswagen-werktuigkundige in Prof. Chris Barnard se laboratorium en toe teater beland het, lees soos ‘n moderne sprokie. Kom luister hoe Winston en Amos, sy biograaf, met Hanlie gesels.
6 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

ANDRÉ BARTLETT: WEERLOSE WEERSTAND
In gesprek met Jean Oosthuizen

Aangebied deur Protea Boekhuis
Jean lei dié reguit gesprek met die bekende teoloog en predikant oor sy in-diepte ondersoek na die NG Kerk se omstrede gay-beleid. Deelnemers is die gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is om sy roeping in die NG Kerk te beoefen nie, en LGBTI-aktivis Michelle Boonzaaier, een van die mense wat die Kerk hof toe geneem het oor die laaste sinodebesluit.
6 Maart 17:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

LEWENSMAATS OF ‘SUSTERS’
Met Celesté Fritze en Hester van der Walt, in gesprek met Ena Jansen

Ena Jansen gesels met twee debuutskrywers wat skaamte en geheimhouding oor lesbiese-seksualiteit as tema het in ’n tyd toe dit gesien is as taboe. Celesté se Verlorenkop, wat vir bykans elke groot literêre prys verlede jaar benoem is, verken die seer en impak van besluite wat geneem word om die skyn te bewaar oor drie generasies vroue heen, terwyl Hester in haar memoires Sê my, is julle susters? die geestelike isolasie beskryf van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle tuiste opsy skuif.
6 Maart 17:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

JOHANNES DE VILLIERS: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG
In gesprek met Erns Grundling

Aangebied deur Human & Rousseau
Jy wil stilstaan by dit wat saak maak, maar dit voel onmoontlik. Kom luister hoe Johannes aan Erns vertel wat dit beteken om “bewus”, of mindful, te lewe en na sy praktiese raad. Of kom 30 minute vroeër, laat hy jou wys hoe om die stilte te ervaar en in die oomblik te lewe.
6 Maart 17:45 Mindfulness-oefening | 18:30 Gesprek
105 min | Botaniese Tuin | R40 studente | R50 | R60 by die deur (Botteltjie water ingesluit)

WILLEM SAMUEL: SKREE ALLEEN, ’N ‘SINGENDE’ UITSTALLING
Skree Alleen is ‘n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid – kom luister en kyk.
6 Maart 18:00 Opening
60 min | Visuele Kunste-Seminaarkamer 1008 | R50 | R60 by die deur

‘BOEKKLUB’: ALEXANDRA FULLER – A RHODESIAN CHILDHOOD
In conversation with Ingrid Winterbach

She grows up during the bush war that helped turn Rhodesia into Zimbabwe –the family’s bombproof Landrover is nicknamed Lucy. She survives a terrible, avoidable death that turns her fun-loving Scottish mother into a crazy drunk and for which she, as a child of eight, feels responsible … These last days of colonialism are at the heart of Alexandra Fuller’s internationally acclaimed 2002 memoir, Don’t Let’s go to the Dogs Tonight. She talks to Ingrid about a world of taboos and projected shame, about living in Wyoming after being separated from her all-American husband of 20 years, and “the beautiful and terrible” she wrestles with in writing.
6 March 19:15 for 19:45
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 at the door (glass of wine included)


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Woensdag 7 Maart

ZUMA – VYAND NOMMER EEN
Met Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh, in gesprek met Max du Preez

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
Max ondervra ‘n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat weet waar om vir die waarheid te krap en nie skroom om dit te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en hoe ‘n nasie begin terugveg het in Zuma – Enemy of the People, en Pieter-Louis verklap meer omtrent die manne wat die staatskoffers plunder in The Republic of Gupta – A Story of State Capture.
7 Maart 09:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

ANTJIE KROG – SUSKE EN WISKE EN MANDELA
Ook met Daniël du Plessis, Willem Samuel en Loyiso Mkize

Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.
7 Maart 09:30
90 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

HENK GOUS: BREEKPUNT
In gesprek met Simon Bruinders en Benescke Janse van Rensburg

Aangebied deur CUM Uitgewers
Te veel stres en langdurige spanning kan tot ernstige ligaamlike siektes en emosionele uitbranding lei. Henk, wat ook ‘n berader is, bespreek maniere om breekpunt te vermy, gesonde streshantering en die redes waarom slagoffers van trauma veg, vlug of vries met Simon en radio-omroeper Benescke.
7 Maart 09:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

KOSDEMO: HERMAN VIER 30
Aangebied deur Human & Rousseau
SARIE se kosredakteur is 30 – en dit vier Herman Lensing op allerhande maniere, maar hoofsaaklik met kos. Leer saam met hom watter geregte net 30 minute neem om te maak, wat die 30 dinge is wat jy van wyn moet weet, en ook sommer 30 goeie kosgewoontes.
7 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

GEORGE BIZOS: 65 YEARS OF FRIENDSHIP
In conversation with Edwin Cameron

Presented by Penguin Random House
The world-renowned human-rights lawyer talks to Judge Edwin Cameron about his new book, a touching homage to his friendship with Nelson Mandela and a fascinating tale of two men whose work affected the lives of all South Africans– arguing in favour of the Constitution, which is under threat in the current political climate.
7 March 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

VADERLAND, MOEDERBAND, BROEDERLIEFDE
Met SJ Naudé en Eben Venter

In altwee dié romans word ‘n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met ‘n ma en seksualiteit. In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ‘n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ‘n steeds verskuiwende doek, terwyl Eben in Groen soos die hemel daarbo ritueel van erotiese ervarings en die ontginning van selfkennis daaruit. Frederik de Jager gesels met hulle.
7 Maart 11:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS
Aangebied deur LAPA-Uitgewers
Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ‘n Nederlandse oorlogwesie, wat alleen ‘n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ‘n kinderkarakter in Drie vroue en ‘n meisie, wat handel oor vier geslagte vroue op die Hoëveld en hulle droom van ‘n beter lewe.
7 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

FRIK DU PREEZ BY TOWERBOSCH
In gesprek met Mannetjies Roux en Johnny Davids

In 2015 is hy verkies as ons Rugbyspeler van die 20e Eeu, maar Frik du Preez kan ook lekker spot dat hy op sy dag die kortste slot in die wêreld was. Hy was een van die grotes in ‘n tyd van amateurrugby, toe die Bokspan voor ‘n oorsese toer deur die bestuur vermaan is om hulle tande deeglik te laat versorg en darem “een goeie sportsbaadjie [sic]” in te pak. Dié rugby-ikoon, wat kon drop, place én score, is vanjaar die US Woordfees se eregas wanneer die universiteit sy eie eeufees vier. Kom ontmoet die bul van ‘n oud-rugbyspeler, wat – ondanks kanker en ‘n hartaanval – jare jonger as 82 lyk wanneer hy saampraat met oud- Bok-”kollega” Mannetjies Roux en Supersport se Johnny Davids oor ‘n somerse feesmaal.
7 Maart 12:30
150 min | Towerbosch | R400 (Plek is beperk.)

WOORD-EN-WYNETE
’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete
Kom kuier op Somerbosch saam met fliekkenner en skrywer Leon van Nierop en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die beste landgoed se beste wyne!
7 Maart 13:00
120 min | Somerbosch | R300

OORKANT JOU: ’N VERHAAL UIT DIE BINNEKAMER
Met Juliana Coetzer, in gesprek met Riette Rust

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
Sy het háár persoonlike reis met haar baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf. Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende mense – veral vroue – wat haar pad as psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar oor swaarkry en herstel en hoe sy die leser op ‘n reis neem wat eintlik ons almal sʼn is: van grootword en eienaarskap neem.
7 Maart 14:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

WHOSE HISTORY IS IT ANYWAY?
With Fred Khumalo, Alexandra Fuller and Achmat Dangor

How important is it to keep telling accurate and unembellished stories about the past – even if it’s offensive or hurtful? Three writers discuss this with Sandra Swart. Fred used the sinking of the crew ship SS Mendi during the First World War as backdrop for Dancing the Death Drill. Alexandra wrote about growing up during the Rhodesian war in her debut and for her new novel, Quiet Until the Thaw, investigates the history of two Native American boys in a South Dakota reserve, while Achmat returns to the apartheid history in Dikeledi.
7 March 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

KLEINBOER: HIERDIE HUIS
Aangebied deur Penguin Random House
Kleinboer (Fanie de Villiers) se nuwe boek voltooi die drieluik wat hy met sy bekroonde Kontrei en Werfsonde begin het. Dit is die roerende verhaal van ’n kompulsiewe, obsessiewe en seksverslaafde skrywer – een van die laaste wit inwoners van Yeoville in Johannesburg. Die gesprek met joernalis Albertus van Wyk word voorafgegaan deur Niel van Deventer se doccie om 15:00 oor die lewe van Kleinboer en sy oorlede vrou, Lungi.
7 Maart 15:00 Fliek | 16:00 Gesprek
45 min Fliek | 60 min Gesprek | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

ADAM SMALL: DENKER, DIGTER, DRAMATURG
Met Sandra Kotze, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal

Aangebied deur Protea Boekhuis
In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô huis toe in die toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese “nuwe stem”. Sandra was Makiet onder regie van Pieter Fourie en Cobus, Kanna. In ‘n gesprek met Heindrich Wyngaard onthou dié twee teatergrotes daardie vroeë verhoogdae, terwyl Steward terugkyk na Small se letterkundige nalatenskap en Pieter sy aangrypende gedig voorlees oor sy pa en Adam Small.
7 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

GRIEKELAND EN ROME IN SUID-AFRIKA
Met Amy Daniëls, Philip Bosman, Jo-Marie Claassen en Samantha Masters

Aangebied deur Cambridge University Press
Is die Klassieke oudheid handlanger van die kolonialisme? In South Africa, Greece, Rome: Classical Confrontations, ‘n bundel essays met Grant Parker van Stanford University as die redakteur, word aspekte van antieke Grieks-Romeinse kultuur in Suid-Afrika bespreek – van Romeinse reg tot die Grondwet, argitektuur en kuns tot opvoeding, die kolonialis Rhodes tot die bevryder Mandela, en die bevrydende invloed van Griekse drama. Annemaré Kotzé lei die gesprek.
7 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

RECCES KAN OOK KOOK
In gesprek met Alexander Strachan

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
Oud-Recces Justin Vermaak en Johnny Maass lig in ‘n gesprek met Zander, ‘n bekroonde skrywer van onder meer Bosoorlogromans en self ‘n oud-Recce, die sluier oor ‘n geheime vaardigheid van dié elite-groep soldate: Hulle kon kos maak. In Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe vertel hulle van gebraaide luislang, of goudvis-sushi, afgewissel met stories oor die Forte, die daaglikse roetine en ‘n besonderse lewensfilosofie.
7 Maart 15:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

ANTOINETTE PIENAAR: DIE LANG MAN SONDER SKADUWEE
In gesprek met Dave Pepler

Aangebied deur Penguin Random House
Die geliefde RSG-kruievrou en topverkoper-skrywer van Kruidjie roer my sit in haar jongste boek haar roeping as geneser voort. Sy en haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel Dave hoe Karookruie ingespan kan word om allerhande kwale te genees, en watter krag in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil.
7 Maart 17:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

SCHALK VAN DER MERWE: ON RECORD
Met Andries ‘Roof’ Bezuidenhout

Aangebied deur African Sun Media
In On Record; Music an Society in Recorded Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017 bekyk Schalk die geskiedenis van opgeneemde populêre musiek – van die eerste opnames van die Transvaalse volkslied tydens die Boereoorlog, tot Steve Hofmeyr se optredes die afgelope twee jaar. Hy en Andries gesels oor wat hy raakgesien het en maak daarna saam musiek.
7 Maart 17:00
85 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

SKOLLIE KUIER IN IDASVALLEI
In gesprek met Heindrich Wyngaard

Aangebied deur Penguin Random House
Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W Fredericks gegrond is, het gehore landwyd ontroer. Kom hoor hoe gesels Oom John met RSG se Heindrich oor sy aangrypende verhaal en die mag van ‘n beginselbesluit. Want dis in die tronk dat dié man besef het hy is by ‘n kruispad en net hy kan hom red.
7 Maart 19:30
120 min | Idasvallei-biblioteek | R50 | R60 by die deur

BOEKKLUB: ANDRÉ P BRINK EN DIE SPEL VAN LIEFDE
Met Leon de Kock, in gesprek met Tim Huisamen

In ‘n eksklusiewe steelkykie in Leon se biografie-in-wording oor André P Brink verklap die skrywer meer oor Brink se sikliese liefdesintriges en word sy 50-jaar lange joernaalskrywery vir die eerste keer onder oë geneem. Tim, lank ‘n kollega van Brink aan Rhodes-universiteit op Grahamstad, vra Leon veral uit oor die Ingrid Jonker-storie, wat in dié boek vir die eerste keer deur Brink se eie oë vertel word – met verbysterende nuwe detail.
7 Maart 19:15 vir 19:45
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

 

Donderdag 8 Maart


 
ALEX MOUTON: IRON IN THE SOUL
In gesprek met Hermann Giliomee

Aangebied deur Protea Boekhuis
Dit neem uitsonderlike karaktereienskappe – of “iron in the soul”, om Van Zyl Slabbert aan te haal – om die leier van die amptelike opposisie te wees. Alex en Hermann, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, bespreek die loopbane van die sogenaamde politieke “verloorders” voor 1994.
8 Maart 09:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

DIE SMIT-MOORDE – ‘EK IS LIZA SMIT’
Met Liza Smit, in gesprek met Ilse Salzwedel

Angebied deur Jacana Media
Veertig jaar sedert die raaiselmoorde op NP-politikus Robert Smit en sy vrou in hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen die muur geverf as enigste leidraad, is die moordenaars steeds soek. Liza, hulle dogter, was toe 13. Deur die jare het sy haar eie ondersoeke gedoen en selfs ‘n verslag daaroor aan die WVK voorgelê. Weens doodsdreigemente moes sy en haar kinders selfs in ‘n getuiebeskermingsprogram geplaas word. In ‘n eksklusiewe voorskou vertel sy haar verhaal, wat later vanjaar in boekvorm verskyn, aan Ilse Salzwedel.
8 Maart 09:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

PIETER-DIRK UYS: WEERKLINK VAN ’N WANKLANK
Aangebied deur Missing Ink
Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed om die storie agter die stories te vertel in dié teatermemoires, wat saam met sy Engelse weergawe, Echo Of A Noise, nou in boekvorm verskyn. Hy bied ‘n kaleidoskoop van ‘n lewe vol gelag en gesag – van sy familie in Pinelands met Ma Helga en Pa Hannes, wat met liefde, musiek en dissipline sy lewensiening help vorm het, tot die latere spartelings met sensuur en Nasionale Party-kaskenades. Kom beleef dele van die boeke as opvoering, maar hoor ook hoe die verwerking die storie help ontwikkel het.
8 Maart 09:30
90 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

TAALSPELETJIES MET GERHARD VAN HUYSSTEEN
8 Maart 09:30
60 min | Die Plataan | Gratis

KOSDEMO: TEETYD MET MARTJIE
Aangebied deur Quivertree
Koekedoor se Martjie Malan publiseer binnekort haar eerste bakboek wat enige bakgierige sal inspireer met sy resepte en delikate waterverf-illustrasies deur Claudia Liebenberg. Sy gee wenke oor hoe om met ‘n basis te begin en dan voort te bou op variasies daarvan. Proe van dié bakjuwele saam met ‘n koppie tee en kry daarna die gratis resepkaartjies.
8 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

HIGH TEA MET KRISTEL LOOTS
Aangebied deur LAPA-Uitgewers
Liefdesverhaalveteraan Kristel Loots vier haar verjaarsdag in styl, maar sy vermoed daar’s fout op haar ID. Daar’s geen manier waarop sy nou al 70 kan word nie – sy voel dan nog so jonk! Elias P Nel, bekend om sy droë sin vir humor, vra haar uit oor waar haar inspirasie vir haar nimmereindigende stroom vermaaklike boeke vandaan kom, of sy gebore is met haar rooi hare, en hoe sy oor ouer hoofkarakters voel. (Sy luister af, sê sy!)
8 Maart: 10:30
120 min | Oude Werf Hotel | R250 | R270

KAREL SCHOEMAN SE LAASTE STEMME
Met Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen

Aangebied deur Human & Rousseau
Dié historiese improvisasie is een van die laaste literêre nalatenskappe voor Schoeman se afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ‘n menigte immigrante aan die Kaap. Aan die hand hiervan, word gekyk na dié skrywer se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en hoekom hy ‘n “anderster” Sestiger was, waarna elke deelnemer sy/haar mooiste Schoeman-roman kies.
8 Maart 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

HANNELIE GROENEWALD: TERREUR IN KABOEL
In gesprek met Juliana Coetzer

Aangebied deur Lux Verbi
Vier jaar gelede is ‘n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in ‘n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut Juliana Coetzer (Oorkant jou) van daardie dag en hoekom sy vergifnis bo bitterheid kies.
8 Maart 11:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

RUDIE VAN RENSBURG: HANS STEEK DIE RUBICON OOR
In gesprek met Kerneels Breytenbach

Aangebied deur Queillerie
Hans wil op 90 op sy éie terme oud word en sommer gou neem hy Huis Madeliefie op horings met ’n properse ouetehuisopstand. Kerneels vra die bekende misdaadskrywer uit oor sy bitterlik snaakse roman, waar daggakoekies, ontkleedansers en vet sports aan die orde van die dag is.
8 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

WOORD-EN-WYNETE
’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.
Kom kuier op L’Avenir saam met die bekende TV-persoonlikheid en nou ook misdaadskrywer Franz Marx en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die landgoed se beste wyne!
8 Maart 13:00
120 min | L’Avenir | R300

HARTEBREKER: CHRIS BARNARD EN DIE EERSTE HARTOORPLANTING
Met James-Brent Styan, in gesprek met Gilbert Gibson

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting en verstommende mediese suksesse oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto’s (wat ook gewys sal word). Gilbert, mediese dokter en digter, vra James uit – ook oor Hamilton Naki, die swart tegnikus wat saam met sy vriende die chirurg agter die skerms gehelp het.
8 Maart 14:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

REDI TLHABI: KHWEZI
In conversation with Adriaan Basson

Presented by Jonathan Ball Publishers
The book touched a nerve: More than 400 people attended the launch; 10 000 copies were sold in a week. Adriaan Basson asks the well known talk show radio host and author why, and what price Fezekile Ntsukela Kuzwayo – better known as Khwezi – ultimately paid as the woman who dared to accuse Zuma of rape.
8 March 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

FRANSJOHAN PRETORIUS: VERSKROEIDE AARDE
In gesprek met Carel van der Merwe

Aangebied deur Tafelberg
Die redakteur van dié bygewerkte glans-weergawe van 2001 se topverkoper oor die Britte se verskroeide aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog vertel meer omtrent die nuwe inhoud, soos die storie van Lizzie van Zyl (die foto van ‘n uitgeteerde meisie op ‘n bed), swart sterfgevalle in die kampe, en Emily Hobhouse se lewe ná die oorlog. Hy gesels met Carel, wat self navorsing oor die oorlog gedoen het vir Donker stroom.
8 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

GERARD SEKOTO: FIELIES EN POTE
Met Melvyn Minnaar, Barbara Lindop en Marelize van Zyl

Op 60 het die kunstenaar Gerard Sekoto ‘n prenteboekie vir kinders – oor twee stout honde – geskryf en geïllustreer. Dié storie is in 2013, 100 jaar ná sy geboorte, in 12 tale vertaal, insluitende as Fielies en Pote in Afrikaans.. ‘n Beperkte oplaag van net 100 van dié pragboekie is spesiaal vir die 100-jaarviering van die US herdruk en te koop. Kunsjoernalis Melvyn gesels met Barbara, voorsitter van die Sekoto Trust, wat Sekoto tydens sy selfopgelegde ballingskap in Frankryk hoor sing het (een manier waarop hy aan die lewe kon bly), en Marelize van Aspire Art, oor die gesogtheid van sy werk vandag – iets wat hy nooit beleef het voor sy dood in ‘n ouetuis in die vreemde nie.
8 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

VROUE IN VERANDERING
Met Christi van der Westhuizen, Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper en Bettina Wyngaard
Wat haar fassineer van ’n manlike teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het, is “mans gaan nooit net weg nie, mans vat ook die mag saam met hulle weg en dan bly daar nou net ’n klomp vrouens oor en skielik daal die statuur van daardie beroep”… Op Internasionale Vrouedag debatteer vier skrywers oor vroue en hulle identiteit in Suid-Afrika vandag: Hoe het dit verander, hoe kry dit in hulle werk beslag, is daar so iets soos vroue wat mekaar bemagtig, of is presies die teenoorgestelde waar? Lou-Marie Kruger doen die vrawerk.
8 Maart 15:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

DAMES EN HERE, LEONARD COHEN!
Met Danie Marais, Kerneels Breytenbach en Andries ‘Roof’ Bezuidenhout

Die Kanadese digter-troebadoer, skepper van ‘Suzanne’ (1967) en ‘Hallelujah’ (1984), is in November 2016 op 82 dood ná ‘n verstommende oplewing laat in sy loopbaan. ‘n Deeglike evaluering van die poësie in sy lirieke, met nuwe insigte, baie bewondering en heelwat heimwee. As bonus sing Andries die onbekender lang weergawe van ‘So long, Marianne’.
8 Maart 17:00
75 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

HARTLAM – LIEFDE MET TANDE
Met Malene Breytenbach, Pieter van Zyl en Gerda Taljaard

Aangebied deur Tafelberg
Liefde het vele gedaantes: Erotiese liefde, moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, liefde tot die dood toe… Verken die vele gesigte van liefde, en nie almal is mooi nie. Madri Victor doen die vrawerk.
8 Maart 17:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

JOGA & VEGETARIES
Met Marlien Wright

Aangebied deur Jacana Media
Haar resepteboek The Yoga Kitchen – 100 Easy Superfood Recipes was só gewild dat die joga en Pilates-instrukteur Marlien Wright dit verlede jaar met ’n gereelde nuusbrief, die Secret Supper Club, opgevolg het. Hierin gee sy inligting, wenke en resepte oor die jongste tendense in gesonde kos en konsentreer sy veral op hoe om weerstand teen veroudering op te bou. Sluit by haar aan vir ’n uur se joga in ’n groen binnehof langs ’n fontein, kry pitkos oor gesondheid, en ontspan dan buite of binne met ’n heerlike vegetariese ete, geïnspireer deur Marlien se resepte.
8 Maart 18:00
120 min | Debut @ The Private Hotel School | R180 | R190 by die deur (Plek is beperk)

STORIEVUUR: RECCE-RESEPTE VIR KOS EN DIE LEWE
Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers
Recces kén van stories vertel. Hulle deel net nie alles nie. Wat Justin Vermaak en Johnny Maass wel deel, saam met Zander Strachan en nog ‘n paar oud-kollegas, is stories uit Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe: wat hulle geëet het, waar – en hoe – hulle dit gemaak het, die Forte en die bos.
8 Maart 18:30
60 min | Die Plataan | Gratis

BOEKKLUB: RAY KLUUN, DIE ONWILLIGE SUPERSTER
In gesprek met Francois Smith

Moontlik gemaak deur SASNEV
Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2 miljoen eksemplare van ‘n boek te verkoop nie. Te meer as dit jou debuut is en jy dit eintlik geskryf het om skuld en rou op papier uit te stort. Dis die storie van Raymond van de Klundert, kortweg Ray Kluun, of net Kluun, ‘n kultusfiguur in Nederlandse skrywerskringe. Komt een vrouw bij de dokter, (in Engels Love Life en in Afrikaans as ‘n Vrou gaan dokter toe) was ‘n fiktiewe weergawe van sy ervaring as ‘n jong man wat sy vrou, vir wie hy baie lief was, se terminale siekte net kon verwerk deur al hoe meer klubs toe te gaan en by ander vroue te slaap. Sy jongste roman is DJ. Francois Smith, wat sy debuut in Afrikaans vertaal het, vra hom uit oor die geweldige reaksie wat die boek uitgelok het en of hy dinge anders sou wou doen as hy kon.
8 Maart 19:15 vir 19:45
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

OUERAAND IN IDASVALLEI
Met Pieter van Jaarsveld

Aangebied deur Lux Verbi
Hoe maak jy ‘n gelukkige kind groot? Dis iets waarna elke ouer streef. Kom luister na Pieter, wat wêreldwyd as leierskapontwikkelingskonsultant vir maatskappye optree, wanneer hy gesels oor sy boek, ‘n Gelukkige kind. Pieter gee hierin raad oor hoe jy jou kinders kan grootmaak om positiewe en gelukkige mense te wees deur hulle “reg te bedraad” met wetenskaplik getoetste speletjies en oefeninge. Eindig die aand met ‘n koppie tee en ‘n kans om die skrywer persoonlik uit te vra.
8 Maart 19:30
120 min | Idasvallei-biblioteek | R80 | R90 by die deur
 

Vrydag 9 Maart


 
FRANS RAUTENBACH: SOUTH AFRICA CAN WORK
In gesprek met Edwin Cameron

Aangebied deur Penguin Random House
In sy uitdagende boek oor wat Suid-Afrika kan laat werk, stel dié arbeidsregadvokaat ‘n volledige hervorming van beleidsdenke voor. Maar dit kom nie sonder ‘n hele paar ongewilde stellings nie – veral in die oë van die regerende party. Edwin Cameron, regter in die Grondwetlike Hof, is net so goed met omstredenheid bekend nadat hy in Witness To Aids (2005) lynreg van Thabo Mbeki se vigsbeleid verskil het. Die twee bespreek wanneer dit die regte tyd is om teen die stroom te praat, hoe jy jou tyd kies, en hoe jy weet of jou waarheid dié waarheid is.
9 Maart 09:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

CARINA STANDER: DIE BERGENGEL
Aangebied deur Protea Boekhuis
Die verhaal van ‘n mitiese bergengel en die jong Eron Verberger se lewensveranderende avontuurreis deur die land Gabriëllië is die onderwerp van Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer omtrent haar karakters en inspirasie aan die hand van die 30 sketse wat sy vir haar boek gemaak het.
9 Maart 09:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

KOSDEMO: ANNA-CAROLINA SKEP BOTTER EN LIEFDE
Aangebied deur Quivertree
‘Kom sit ‘n bietjie,’ is die leuse van die jong kosskrywer en plaaskind van Pipeklipberg in Mpumalanga, deesdae ‘n bekende TV-kosstilis in die Kaap. Anna-Carolina – of Caro – Alberts wys hoe jy die waarheid en eenvoud van gister in die mooi en modern van vandag kan omskep – of sommer ‘n plaastafel in ‘n onthaaltafel.
10 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

TAALSPELETJIES MET GERHARD VAN HUYSSTEEN
9 Maart 09:30
60 min | Die Plataan | Gratis

MARLENE VAN NIEKERK – DIE DIGTER
Met Louise Viljoen

Aangebied deur Human & Rousseau
Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto’s van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes (1889-1920), waarop die gedigte gegrond is. In ‘n opname kan Marlene ook gehoor word waar sy self van die gedigte voorlees.
9 Maart 10:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

DANA SNYMAN EN NATHAN TRANTRAAL – DIE KLEURE VAN ONS LAND
Aangebied deur Tafelberg en Kwela
‘n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie ‘n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit.
9 Maart 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

DIE RESTAURANT AS MISDAADTONEEL
Met Schalk Schoombie en Irna van Zyl, in gesprek met Kerneels Breytenbach

‘n Bekende kosresensent sterf onverklaarbaar en ‘n ongewilde sjef word ná ‘n hewige tantrum die volgende oggend dood in sy kombuis gevind. Oud-joernaliste Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach oor hoe ons jongste koshebbelikhede en die moderne onthaalwese vrugbare teelaarde is vir ‘n komiese misdaadsatire, of hoëoktaan-spanningsverhaal.
9 Maart 11:30
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

LAG-LAG DIE MOEILIKSTE
Met Rudie van Rensburg, Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Ernest van der Kwast

Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV
Twee romanskrywers en twee draaiboekskrywers het een ding in gemeen: Hulle stories is snááks! Rudie skryf oor ‘n ouetehuisopstand en die Nederlander Ernest van der Kwast oor sy Indiese mama met die koekroller, terwyl Bennie en Beer TV-kykers laat skaterlag met kykNET se Hotel. Hulle vertel vir Bibi Slippers hoe swaarkry lekkerkry word.
9 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

KOSDEMO: GEURE VAN DIE BO-KAAP
Aangebied deur Quivertree
Hulle noem haar Laysa, maar eintlik sien sy haarself as Liza Minnelli. Want sien, as ‘n mens nie personality het nie, hoe oorleef jy die dag wanneer jou man loop om brood te koop en terugkom met ‘n ander vrou? Nee wat, vandag leef Ms Jabaar haar passie voor die kospotte uit in al die eksotiese geure so reg uit die glansboek Bo-Kaap Kitchen. Kom leer by haar en vriendin Shireen Narkedien omtrent die geheimenisse van speserye en tradisionele Maleier-kerries, knibbel aan happies soos bollas en ope bekkies, en hoor wat jy nooit by ‘n begrafnis kan voorsit nie!
9 Maart 14:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

GERDA TALJAARD: DIE LAKSMAN SE DOGTER
In gesprek met Marita van der Vyver

Aangebied deur Penguin Random House
Wat doen dit aan ‘n dogter om te hoor haar pa was ‘n laksman in die vorige politieke bedeling? Was dit wat Rosaria van haar dogter vervreem het en wat tot dié jong rock-ster se dood gelei het en Rosaria se eie makabere fassinasie met opgestopte voëltjies? Marita hoor meer by die skrywer wat bekend is vir haar romans ‘n Engel in die hoenderhok en Kelder.
9 Maart 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

LEON VAN NIEROP: KATELKNAAP
In gesprek met Francois Bloemhof

Aangebied deur Penguin Random House
Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent gee nou die voorafstorie van Plesierengel, waarin ons vir Tristan Hansen leer ken het – die jongman wat deur die rykste vroue in Johannesburg vir sy “dienste” betaal word. Nou hoor ons wat hom sy lewenspaadjie laat kies het en onmoet ook die vroue wat hom gelei, gevorm en opgelei het. Francois Bloemhof gesels met Leon oor dié witwarm gigolo-storie.
9 Maart 14:00
60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

CECILE CILLIERS: DIE OU VROU EN DIE PRIESTER EN ANDER KORTVERHALE
In gesprek met Martie Meiring

Aangebied deur Human & Rousseau
Een van die bekende Boeksusters (met sus Madeleine van Biljon nog op M-Net) en gewilde rubriekskrywer het eindelik haar eerste eie kortverhaalbundel die lig laat sien. Sy gesels met Martie oor haar temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan.
9 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

’N ANDER MANIER VAN DRUK*
HAT: druk: (deur ‘n pers) op papier aanbring
Met Pieter-Dirk Uys, Brent Meersman, Joan Kruger, Jaco van der Merwe en Wikus de Wet, in gesprek met Riana Barnard

Vandag kan ‘n president die wêreld met 140 karakters regeer en ‘n sakeman sy onderneming via ‘n Wolk bestuur. En die boek is nog hier as boek! Of hulle nou hulle eie drukkery bedryf, soos Pieter-Dirk en Brent, ‘n familie-uitgewery soos Joan, of crowdfunding as finansiering gebruik soos Jaco en Wikus – daar ís deesdae vele opsies om boeke (goedkoper) te maak. Riana Barnard vind uit.
9 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

TOT DIE DOOD ONS SKEI
Met Schalk Schoombie en Julian Jansen, in gesprek met André le Roux

Aangebied deur Human & Rousseau en Tafelberg
Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Of sy ouers? In Tot die dood ons skei kyk Schalk indringend na die verskynsel van ‘intieme vrouemoord’ en diep grusame voorbeelde op, terwyl Julian vir Die De Zalze-moorde die storie agter die storie vertel van dié skokkende Stellenbosse gesinsmoord. André, wat in Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste verskeie moordenaarsprofiele ontleed, soek saam antwoorde.
9 Maart 17:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

LOFTUS EN BIBI: SLEGTE SEKS & GIN
Met Loftus Marais, Bibi Slippers, Desmond Painter, Ryan Pedro, Annie Klopper, Andries Bezuidenhout en Charlotte van den Broeck

Daar is te min gedigte oor slegte seks in Afrikaans, en te veel oor die natuur, voëls, God en die liefde. Ses Afrikaanse digters, een Vlaming en ‘n studentedigter is genooi om as deel van ‘n Vrydagaandse gin bar ‘n nuwe gedig oor slegte seks te kom voorlees saam met ‘n paar ander.
9 Maart 18:00
85 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

STORIEVUUR: ANTOINETTE PIENAAR EN OOM JOHANNES

Angebied deur Penguin Random House
Antoinette is die kruievrou van RSG en saam met haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel sy stories uit haar nuwe boek, Die lang man sonder skaduwee, en oor die genesende, soms selfs towerkragte van kruie.
9 Maart 18:30
60 min | Die Plataan | Gratis

BOEKKLUB: 55 VOOR 12/ 55 TO 12 – SKRYWERS OM DIE LANGTAFEL
Met Jacques Pauw, Valda Jansen, Alexandra Fuller, SJ Naudé, Masande Ntshanga, Eben Venter, Fred Khumalo, Ghaireyah Fredericks, Jolyn Phillip, Sean Christie, Marita van der Vyver en Heindrich Wyngaard, in gesprek met Jean Meiring

Twaalf skrywers – Afrikaans en Engels – kom bymekaar teen die agtergrond van toenemende vreemdelingehaat en onrus wêreldwyd en die verkrummeling van magstrukture om vrae uit te trap, soos wat beteken dit om in vandag se werklikheid te skryf en wie kry die reg om sê wat dié werklikheid is? Kan jy nog as skrywer ‘n bydrae maak om 55 minute voor 12? Regsgeleerde en gereelde boekresensent Jean Meiring is die gespreksleier.
9 Maart 19:15 vir 19:45
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

STORIEVUUR: ONS BESTE SPOOKSTORIES
Kom sit ounag en luister na van die beste spookstories versamel in Constant Companions: South African Tales of the Supernatural, bymekaargemaak deur Annel Pieterse en geskryf deur studente van UWK en US en deelnemers aan InZync se INKcredible-poësieslypskole vir skoliere.
9 Maart 22:00
60 min | Die Plataan | Gratis
 

Saterdag 10 Maart


 
KOM BAK SAAM MET DIE KOKKEDOORTJIES!
Met Martjie Malan

Spesiaal net vir kinders: Kom kuier saam met twee deelnemers aan die Kokkedoortjie TV-reeks en leer bak saam met Martjie Malan, wat haar eie kookskool vir kinders het en medeskrywer was vir die Kokkedoortjie én nuwe Koekedoortjie-reekse. Jou sintuie sal gons, jou vingers sal woel en jou kakebeen sal wikkel! Ingesluit: bakpret met twee heerlike resepte in The Private Hotel School se professionele opleidingskombuis, werk in ‘n span met ‘n maat, eet wat jy bak en neem die res huis toe plus as bonus ‘n verrassingspakkie met geskenkies en ‘n gratis Kokkedoortjie-kookboek ter waarde van R310! Vir ouers wat moet wag, is daar koffie en eetgoed, of ‘n spesiale ontbytdemo – sien Ontbytdemo vir ouers.
3, 10 Maart: 09:00-11:30
150 min | Debut @ The Private Hotel School | R350 (Net 20 plekke vir kinders 9-13 per klas)

ONTBYTDEMO VIR OUERS
Aandag alle ouers van woelige kinders. Terwyl die klein Kokkedoortjies by die Private Hotel School bak en brou, word ’n weglê-ontbyt vir die ouers voorgesit. Die professionele sjefs wys jou hoe ’n ou gunsteling, Eggs Benedict, in ’n japtrap opgetower kan word sonder om op eiers te loop in die kombuis.
3, 10 Maart: 09:00-11:30
150 min | Debut @ The Private Hotel School | R115

KOSDEMO: MARILYN KUIER EN KOOK!
Aangebied deur LAPA-Uitgewers
Kuier se tuiskok het as jong bruid van ‘n dominee op Loeriesfontein beland en dáár geleer van tydbestuur. Ook kosdiplomasie, want dis met haar maklike, vinnige en lekker resepte dat Marilyn Gantana die susters se guns kon wen!
10 Maart 10:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

RIAN VAN HEERDEN: DINGE WAT EK NIÉ MOES GESÊ HET NIE
In gesprek met Ivor Price

Aangebied deur Tafelberg
Met sy eerste verskyning op TV as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie in gemaak. En sedertdien het dinge nie beter gegaan nie! Op sy aweregse manier en met ‘n goeie skoot humor vertel dié radio- en TV-persoonlikheid aan Ivor van sy boek, waarin hy wonder oor dáárdie dinge wat hom in die warmwater laat beland het.
10 Maart 10:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

ANDRÉ LE ROUX: WAAROM MANS ALTYD REG IS (EN ANDER ONNOSELHEDE)
In gesprek met Michélle van Breda

Aangebied deur Human & Rousseau
Dié bundel bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir SARIE geskryf het. Wat is dit met vroue en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? André gesels met SARIE se redakteur, Michélle, oor (volgens hom) die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En hoe jy eintlik net jou hart kan vashou oor hoe blind die liefde steeds is.
10 Maart 12:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60

JOHN W FREDERICKS: SKOLLIE
In gesprek met Herman Lategan

Aangebied deur Penguin Random House
Suid-Afrikaanse gehore was in verlede jaar in vervoering oor Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W. Fredericks gegrond is. Herman praat met John oor Skollie, sy aangrypende memoires, getik met net met één vinger, sy lewe as ‘n bendelid en Pollsmoor-tronkvoël, en hoe sy talent om stories te vertel hom laat oorleef het sodat hy hom vandag “‘n skrywer” kan noem.
10 Maart 12:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

THULI AND TIM AT GUARDIAN PEAK
With Thuli Madonsela, in conversation with Tim du Plessis

Adv Thuli Madonsela shows without question that dynamite comes in small packages. In seven years the former Public Protector has achieved what few accomplish in a lifetime, often praised and vilified in equal measures. Looking back at her time in office, she said the role is akin to that of the Venda traditional spiritual female leader, the Makhadzi, who whispers truth to the king or the ruler. And a ruler who ignores the Makhadzi does so at his peril. Sample a three-course meal prepared by the legendary Rust en Vrede chef, listening to former Rapport editor and columnist Tim du Plessis enjoying some rare personal time with this woman of steel.
10 March 12:30
180 min | Guardian Peak Winery and Restaurant | R950

KOSDEMO: BOEREKOS MET ’N TWIST
Aangebied deur Human & Rousseau
Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Sy deel van haar 140 familieresepte, wat elkeen die “resep-met-’n-les”-konsep voortsit wat haar blog so suksesvol maak.
10 Maart 14:00
60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

TREE AAN: DIGTERS IN AKSIE!
Met Churchil Naudé, Jolyn Phillips en Charlotte van den Broeck, met Danie Marais aan die stuur

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering
Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van ‘n gedig ‘n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil ‘Meneer Naudé’ Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en verhoogkunster Charlotte van den Broeck vertel – en wys – hoe jy poësie voordra, uit jou kop lees, met die gehoor speel, kletsrym, en jou verhoogvrees beheer sónder om beheer te verloor.
10 Maart 14:00
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

VAN LIEF EN LEED EN ALLES TUSSEN-IN
Met Elsa Winckler

Aangebied deur Kwela en Human & Rousseau
Elsa gesels met Jacolet van den Berg en Juanita Aggenbach, skrywers van Hoë hakke met hoogwater en Gister is verby oor lekkerleesromans en hoe belangrik dit is om van die werklikheid en swaarkry te ontsnap, of is dit hoe jy lesers lok: deur stories te vertel wat soos hulle eie voel.
10 Maart 14:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

DIE INTIMITEIT VAN SKRYF
Met Dominique Botha, Valda Jansen, Kluun en Ernest van der Kwast

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering
Vier skrywers gesels met Andries Visagie oor watter ryk stof jou naaste familie vir fiksie bied, maar watter verantwoordelikheid dit ook is. Vir Dominique, ook die vertaler van Camp Whore, was haar broer die inspirasie vir Valsrivier, vir Valda ‘n verlore geliefde in Hy kom met die skoenlappers, vir Kluun die dood van sy jong vrou, en vir die Nederlandse Ernest sy Indiese ma met die koekroller.
10 Maart 15:30
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

HYKIE BERG: ‘MY LEWE MET DWELMS’
In gesprek met Helana Olivier

Aangebied deur Lux Verbi
Ons hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, is een van suiwer genade.
10 Maart 15:30
60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

DIGTERSPARADYS
Met Daniel Hugo, Gilbert Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie, Fourie Botha, Clinton V du Plessis, en Nuwe Stemme 6 se Remona Voges en Jaco van der Merwe

Aangebied deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin Random House
‘n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende en debuutdigters uit hulle werk voorlees.
10 Maart 17:00
90 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

No Longer Whispering to Power

Book details

 
 

Rule of Law

 
 
 

Kokkedoortjie

 
 
 

The President's Keeper

 
 
 

Die DJ

 
 
 

Die Vrou in die Blou Mantel

 
 
 
 

Love Life

 
 
 
 

'n Vrou gaan doktor toe

 
 
 

The Book Club Cookbook

 
 
 

Reuben at Home

 
 
 
 

Huilboek

 
 
 
 

Hoezit, Antie. Vrikkie Hier.

 
 
 

Ramaphosa: The man who would be king

 
 
 

Die De Zalze-moorde

 
 
 

Deeg

 
 
 
 

Die reuk van appels

 
 
 

Spertyd

 
 
 

Groen soos die hemel daarbo

 
 
 

Spieëlbeeld

 
 
 

Boereverneukers!

 
 
 

Maalvleis

 
 
 
 

Kafka's Curse

 
 
 
 

Bitter Fruit

 
 
 
 

Dikeledi

 
 
 
 

Buys – ’n Grensroman

 
 
 
 

As By Fire

 
 
 
 

South Africa Can Work

 
 
 

Slot van die dag

 
 
 

Blood Money

 
 
 

New Times

 
 
 

Kook en Geniet

 
 
 

Dwarsklap

 
 
 
 

Stormkind

 
 
 

Die pluimsaad waai ver

 
 
 

Vandag is ek 'n windlawaai

 
 
 

Tussen vriende

 
 
 

Weerlose weerstand

 
 
 

Verlorenkop

 
 
 

Sê my, is julle twee susters?

 
 
 

Don't Let's Go to the Dogs Tonight

 
 
 

Enemy of the People

  • Enemy of the People: How Jacob Zuma stole South Africa and how the people fought back by Adriaan Basson, Pieter du Toit
    EAN: 9781868428182
    Find this book with BOOK Finder!

 
 
 

The Republic of Gupta

 
 
 

65 Years of Friendship

 
 
 

Die derde spoel

 
 
 

Groen soos die hemel daarbo

 
 
 

Mentje: Kind van Pas-Opkamp

 
 
 

Drie vroue en 'n meisie

 
 
 

Bloedvreemd

 
 
 

Dancing the Death Drill

 
 
 

Quiet Until the Thaw

 
 
 

Werfsonde

 
 
 

Kontrei

 
 
 

Hierdie Huis

 
 
 

Kanna hy kô huistoe

 
 
 

Adam Small: Denker, digter, dramaturg - 'n Huldiging

 
 
 

Recce-Resepte

 
 
 

Kruidjie roer my

 
 
 

On Record

 
 
 

Skollie

 
 
 

Die laaste Afrikanerleiers

 
 
 

Hans steek die Rubicon oor

 
 
 

Hartebreker

 
 
 

Khwezi

 
 
 

Verskroeide Aarde

 
 
 

The Yoga Kitchen

 
 
 

Die Bergengel

 
 
 

In die stille agterkamer

 
 
 

Gesant van die mispels

 
 
 

Wit issie 'n colour nie

 
 
 

Rooi Haring

 
 
 

Bo-Kaap Kitchen

 
 
 

Tot die dood ons skei

 
 
 

Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste

 
 
 

Marylin kuier en kook!

 
 
 

Hykie Berg - My Storie van Hoop

 
 
 

Nuwe Stemme 6

 
 
 

Valsrivier

 
 
 

Hy kom met die skoenlappers

Fiksie Vrydag: lees Jacques Myburgh se kortverhaal, ‘Die Paartjie op Touwsrivier’

$
0
0

Hierdie storie het oorspronklik op Myburgh se blog, Woordtsotsi, verskyn (21/02/2018)

©123RF/merydolla

 
Net buite Touwsrivier het hulle 1993 wit Toyota Camry sy laaste gulsige hap uit die brandstoftenk gevat. Oom Daan het geweet hy en sy vrou Ansie gaan by die Engen op die dorp se soom moet stop.

Die rit van George was stil. Bedees. Oom Daan het net so nou-en-dan vir Ansie gevra om die klein koelersak agter die passasiersitplek aan te gee. Sy het die oggend vir die laaste keer in haar ruim plaaskombuis, met die teëlrangskikking van wit ganse bo haar stoof, gekookte eiers, tamatie-en-kaastoebroodjies, droëwors en ’n fles koffie gepak. Sy sou so sit in die kar en kyk hoe die landskap verander. Van tuinroete se lowergroen tot die dorre Karoo se meedoënloosheid van klip en jakkalsskedels.

By die vulstasie het oom Daan vir die soveelste keer sy kaart in die OTM gedruk. Hy het eers gehuiwer. Weer sy Blackberry uitgehaal en gekyk of daar nie dalk ’n kennisgewing van die bank is nie. ’n Klein greintjie hoop. Net ’n paar sente om hom en sy Ansie veilig tot in die Kaap te bring. Hy het vir sy dogter gevra om ’n paar rand oor te betaal en vir haar gelieg. Hy het gesê dit is om sy nuwe lisensieskyf te gaan kry. Nie omdat hy geld nodig het omdat hulle dros nie.

Niks. Hy sug en vryf met sy ruwe duim van jare se werskaf op die plaas die foon se skermpie skoon.

Hy besluit om die kaartjie tog in te druk. Wie weet? Banke kan nie vir al sy kliënte 24 uur per dag SMS’e stuur nie? Nie eers die bank het so baie geld om op airtime te spandeer nie.

Hy druk versigtig sy pinkode in. 193105. Ansie se geboorte maand en jaar. 5 Mei. 1931. Hy lees die bedrag. Sug. Neem sy kaart en gooi die strokie in die klein asblikkie en stap terug na hulle motor.

Oom Daan sien ’n jong man in ’n silwer klein motortjie langs sy Camry stop. Een van daai Koreaanse karre. Hy het nooit iets vertrou wat hy nie eers behoorlik kan uitspreek nie.

Hy stap bedees na die jong man toe. Hy daal nooit so laag om vir geld te vra nie, maar as hy dit nie doen nie, gaan hulle dit nie maak tot in die Kaap nie. Daar wag ’n job as ’n hyskraanoperateur by die hawe vir hom.

Hy gaan vra skaam en versigtig vir die man. Hy is lank en skraal. Inkepe op sy voorkop wys dat hy binnekort daai bruinlokke van hom koebaai gaan roep.

“Jammer, meneer,” hy kom agter sy stem is skielik hees. So asof die snare van sy stembande skielik styfgespan word. Die jong man draai om. Hy dra ’n leerbaadjie met stywe noupypjeans. Oom Daan wonder of hy in die oggende van die kas af moet spring om in daai broek in te kom.

“Ja, Oom?” Die man frons effens, maar sy gesig is gemoedelik. Oop. Dit lyk soos ’n verstandige seun, dink hy.

“Ek en my vroutjie is op pad Kaapstad toe.

“Ek het soos my pa en sy pa se pa op ons plaas geboer op George, maar die droogte het ou bene van die boerdery gemaak. Ons sit nou met die paar goedjies in ons kar.

“My kinders sit almal oorsee. Ek het nog nie vir hulle gesê daar is nie meer ’n familieplaas om Krismis by te kom kuier nie.

“Ons probeer op die volgende dorp kom, maar daai ou Camry is mos maar ’n gulsige masjien as dit by petrol kom.”

Oom Daan kan voel sy linkerbeen raak rusteloos. Hy vryf sy arm en wag vir ’n antwoord van die man. Dit voel soos ’n ewigheid.

Die man se frons verdwyn. Sy bruin oë versag.

“Jis, Oom… ek is self op pad Kaap toe. Ek het ook nie veel geld nie, maar ek is seker ek kan ietsie vir oom-hulle gee. Ek sal kyk hoeveel ek kan trek.”

Die seun verdwyn met sy kierie-beentjies in die Quick Shop in.

Oom Daan gaan staan by die kar. Hy sien Ansie is besig om uit die Bybel te lees.

Ag jirretjie, dink hy. Die vrou het geen meer hoop vir ons nie, maar ten minste is sy nog gelowig. Job se geduld, dink hy. Dit is al wat Ansie nou nodig het. Hy sal weer vir hulle ’n pragtige plaasopstal kry.

Een daar in die Matroosberge se wêreld sodat hulle die Here se wit laken op die berg se toppe kan dop hou terwyl hulle op die voorstoep sit.

Oom Daan se oë volg die man deur die winkel se glasvensters soos wat hy by die OTM geld trek en na die Steers toe stap.

Nou voel hy nog meer soos ’n charity case. Die man kom met twee koppies koffie terug.

Dalk kry hulle weer ’n paar werfkatte wat kom en gaan soos hulle lekker kry. Dalk is daar tarentale. Sy oupa het altyd na hulle verwys as polisiehoenders oor hulle koppe soos dié van ’n polisiekar se sirenes lyk.

“Hierso, Oom. Vir die pad, sodat Oom nie agter die stuur aan die slaap raak nie.”

Hy gee twee koppies koffie vir hom en plak ’n R100-noot in Oom Daan se hand.

“Dit is nie baie nie, Oom, maar dit sal oom-hulle op ’n plek kry wat nie so godverlate is nie.”

Tannie Ansie breek haar stilte.

“Die Here seën jou, my kind.” Sy het ’n gehekelde kombersie oor haar bene. Die Bybel nog voor haar oop.

Die man se oog vang ’n stukkie in die Bybel wat sy onderstreep het. Steek vas asof hy dit lees en loop dan na sy motor.

Oom Daan wag eers dat die jong man ry voor hy die Camry na die petrolpompe vat. Hy wuif vir hom.

Die gesuis van die Camry se wiele op die teerpad kalmeer vir oom Daan. Vir die eerste keer sedert hulle uit George gery het, begin hy weer ’n toekoms vir hom en Ansie sien.

Die Moederstad. Dit was vir hom altyd so lekker om daar by die Waterfront te gaan rondloop. Skilderagtig-mooi het sy oudste dogter, Rachel , altyd gesê. Die berg ingeëts aan die eenkant en die see aan die ander.

Ansie sit en staar by die ruit uit. Bybel op die skoot. Hande oor die boek gevou. Dit lyk vir hom of sy ook begin droom oor hulle nuwe lewe.

Skielik is daar ’n harde geknars van metaal op metaal. Hulle torring en kantel. ’n Pyn skiet deur oom Daan se nek. Hy klou vas aan die stuurwiel.

Oom Daan het om ’n haarnaalddraai nie die aankomende motor gesien wat ’n ander een probeer verbysteek het nie.

Die windskerm ontplof in miljoene glasstukkies. Hy kan die doodskyk op Ansie se gesig sien soos wat die motor tuimel en draai.

En toe, die niksseggende donkerte. So asof die Here ’n swart kleed oor Oom Daan se kop gegooi het soos toe hulle as kinder op Naboomspruit donkerkamertjie gespeel het. Hy hoor net die gejaag van sy asem en uiteindelik ’n oorverdowende stilte.

Die N1 is afgesper. Die Camry is net ’n verinneweerde homp metaal. Die voorkant in sy maai. Die blou en rooi ligte van nooddienste glinster op die N1 soos wat ’n jaloerse reënbuitjie uitsak. Soos tarentale wat in gelid marsjeer staan die polisievoertuie in ’n ry.

Die een konstabel loop verby die motor. Sy oë wat afkyk grond toe. Hy wil nie sien hoe die twee liewe ou mense ná so ’n ongeluk hul einde gesien het nie.

Hy merk ’n vel papier op wat moedswillig in ’n fynbos deur die wind rondgepluk word. Dis ’n bladsy uit die Bybel uit, sien hy.

Hy tel dit op. Daar’s ’n streep bloed op die papier en ’n versie wat onderstreep is. Hy lees dit:

“Korintiërs 4:8, 9

“In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.”

***
Viewing all 493 articles
Browse latest View live